Juanita du Plessis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Juanita du Plessis
Geboortenaam Juanita Naudé
Oorsprong Namibië
Geboorte 26 April 1972 (1972-04-26) (42 jaar oud)
Windhoek, Suidwes-Afrika
Beroep(e) Sanger
Genre(s) Pop
Uitgewer(s) Maroela
Webwerf www.juanitaduplessis.com
Portal.svg Musiekportaal

Juanita du Plessis (née Naudé) is 'n bekende Suid-Afrikaanse sangeres wat in Suidwes-Afrika gebore is. Sy het bekend geword na haar treffer "Ska-Rumba".

Juanita is getroud met Herman (Doepie) du Plessis. Saam het hulle drie kinders - Ruan, Mario en Franja (die laaste twee is 'n tweeling). Haar broer, Pieter Naudé is ook 'n sanger in eie reg. Totale verkope van al haar albums beloop reeds meer as 2 miljoen eenhede [1].

In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse DVD vir haar 10 Jaar Platinum Treffers[2]. Die DVD bevat al Juanita du Plessis se suksesvolste treffers oor die eerste 10 jaar van haar sangloopbaan.

Albums[wysig | wysig bron]

  • Young Hearts (platinum)
  • Ek en Jy (Ska-rumba) (3x platinum)
  • Dis waar ek wil wees (2x platinum)
  • Jy is... (3 x platinum)
  • Altyd Daar (3x platinum)
  • Bly by my (2x platinum)
  • Jou Skaduwee (2x platinum)
  • Vlieg Hoog (4x platinum)
  • Volmaakte Kring (3x platinum)
  • Bring jou Hart, saam met Theuns Jordaan (3x platinum)
  • 10 Jaar Platinum Treffers (3x platinum)
  • Engel van my hart (3x platinum)[3]
  • Wees Lig (2x platinum)
  • Hart vol Drome, saam met Theuns Jordaan (Platinum)
  • Jy Voltooi My (Platinum)

DVD's[wysig | wysig bron]

  • Juanita Op haar Beste (regstreeks, 4x platinum)
  • Altyd daar DVD (2x platinum)
  • Bring jou hart, saam met Theuns Jordaan (5x platinum)
  • 10 Jaar Platinum Treffers DVD (3x platinum)[3]
  • Tydloos... Die Musiekvideo's (platinum)
  • Hart vol Drome, saam met Theuns Jordaan (2x platinum)

Toekennings[wysig | wysig bron]

  • 1994 Liedjieskryfkompetisie Namibië
Drie komposisies eindig in die Top 10
  • 1997 CMA Awards
Beste sangeres
Beste liedjieskrywer
  • 1998 CMA Awards
Beste sangeres
Beste liedjieskrywer
Spesiale Presidentsverering vir musikale uitblinker
  • 2001 GMT Geraas-musiektoekennings
Liedjie van die jaar (Ska-Rumba)
Album en topverkoper van die jaar (Ek en Jy)
  • 2005 Huisgenoot Tempo-toekennings
Gunsteling vroulike kunstenaar
Stylvolste sangeres
  • 2006 Huisgenoot Tempo-toekennings
Gunsteling vroulike kunstenaar
Stylvolste sangeres
  • 2006 Vonk-toekennings
Beste vroulike kunstenaar van die jaar
  • 2007 Huisgenoot Tempo-toekennings
Gunsteling vroulike kunstenaar
Beste DVD van die jaar (Altyd daar Live)
Beste gospelalbum van die jaar (Vlieg hoog)
Gunsteling gospelkunstenaar van die jaar
  • 2007 Vonk-toekennings
Beste vroulike kunstenaar van die jaar
Beste album van die jaar
  • 2008 Kanna-toekenning
Bring jou Hart (saam met Theuns Jordaan) vir beste produksie by Die Musiekplaas: KKNK
  • 2008 Huisgenoot Tempo-toekennigs
Gunsteling vroulike kunstenaar
Gunsteling DVD (Bring Jou Hart met Theuns Jordaan)
Liedjie van die jaar: Mengelmoeskardoes
Top verkoper van die jaar (Volmaakte kring)
  • 2008 Vonk-toekennings
Beste verkoper van die jaar
Gewildste vroulike kunstenaar
  • 2009 SAMA-toekennings
Beste Afrikaanse DVD (Bring jou hart met Theuns Jordaan)
  • 2009 Tempo-toekennings
Gewildse vroulike kunstenaar
Liedjie van die jaar
  • 2010 Finesse Inspirasie vrou
Inspirasie vrou van 2010
  • 2010 SAMA-toekeninng
Beste afrikaanse DVD (10 Jaar Platinum Treffers "Live")
  • 2011 SAMA-toekenning
Beste Afrikaanse Pop album (Engel van my hart)
  • 2011 Tempo-toekenning
Beste pop album (Engel van my hart)
Beste vroulike kunstenaar
Topverkoper vir 2010 (Engel van my hart)
  • 2012 Tempo-toekenning
Topverkoper vir 2011 (Wees lig)
Gunsteling Gospel album van die jaar (Wees lig)
  • 2012 Ghoema toekennings
Beste geestelike album (Wees lig)
Topverkoper van 2011 (Wees lig)
Diamant toekenning - Beste verkoper in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, met ‘n totale verkoopsyfer van 1 897 171 CD’s

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. [1] Sarie.com, besoek op 20 September 2012
  2. Afrikaanse kunstenaars tops by Samas, Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.
  3. 3,0 3,1 Vetseun, besoek op 19 Mei 2010.