Theuns Jordaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Theuns Jordaan
Theuns Jordaan.jpg
Theuns Jordaan tydens 'n optrede op Langebaan.
Geboorte 10 Januarie 1971
Karoo
Beroep(e) Sanger, liedjieskrywer
Genre(s) Ligte Afrikaanse musiek
Instrument(e) Stem, kitaar
Aktiewe jare 2000 - nou
Uitgewer(s) EMI-musiek
Webwerf theunsjordaan.co.za
Portal.svg Musiekportaal

Theuns Jordaan is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy sing liedjies wat hy self skryf, sowel as liedjies van bekende liedjieskrywers soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel en David Kramer. Sy eerste twee albums het dubbelplatinum status verbygesteek. Saam met Karla du Plessis sing hy die lied "Wie weet" wat die temalied van die TV-program Jopie Adam was.

Lewe[wysig]

Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 op ‘n Karoo-plaas naby Venterstad, 30 km van Bethulie, gebore en grootgemaak. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het hy sy liefde vir rugby met ‘n kitaar begin deel. As kind is sy musiektalent in sy ouerhuis aangemoedig. Ná skool is hy weermag toe. Ná voltooing van sy diensplig het hy Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en ‘n B.Ekon.-graad verwerf.

Jordaan was ‘n inwoner van Majuba-manskoshuis, en dit was ook op Stellenbosch waar Theuns al meer begin sing het. Op 21 Oktober 1992 het hy vir die eerste keer voor ‘n gehoor in die kuierplek The Terrace opgetree met ‘n paar rand en ‘n pizza as enigste betaling.

Loopbaan[wysig]

Sy moedertaal Afrikaans het by die Universiteit vir hom ‘n passie geraak en hy het begin liedjies skryf, geïnspireer deur Koos du Plessis, Anton Goosen en David Kramer.

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria. Hy was vir 'n jaar entrepreneur. Johan Bakkes het hom gehelp om sy debuutalbum Vreemde Stad op Stellenbosch op te neem. Vyf van die snitte op die album, wat in 2000 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees baie suksesvol vrygestel is, is deur hom self geskryf. Daarna is ‘n verbeterde opname van Vreemde Stad deur EMI-musiek her-vrygestel. Die album het in 2003 Trippel Platinumstatus (150 000 kopieë) verbygesteek om een van die suksesvolste debuut-albums nog ooit in Afrikaans te word met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.

Die langverwagte tweede album, Tjailatyd, is by Aardklop in 2002 bekendgestel, en ook hierdie album se verkope is reeds by bykans 220 000.

Die kitaarspeler Anton L’Amour begin gereeld saam met Theuns optree, ‘n samewerking wat vandag nog deel is van Theuns se loopbaan. In November 2005 is Seisoen vrygestel, en hierdie keer was L’Amour in die regisseurstoel. Seisoen het ook vir rekordverkope gesorg met meer as 115 000 CD’s wat verkoop is. Theuns het dus met slegs drie albums verkope van meer as 500 000 behaal.

In 2007 het Theuns besluit om sy sewe jaar as professionele sanger op een album saam te vat. Grootste Treffers is in Maart vrygestel en het byna 85 000 tot op datum verkoop.

Op 28 Maart 2008 is Theuns en Juanita du Plessis se Bring Jou Hart op DVD vrygestel. Dit was ‘n reuse sukses, en daar is ook ‘n CD vrygestel. Die DVD se verkope was 105 000 en die CD s‘n rekordgetal van 120 000.

Theuns was nog altyd ‘n groot aanhanger van die musiek van Koos du Plessis en in April 2009 is Koue Vuur vrygestel. Dit het binne twee maande platinumstatus behaal met verkope wat tans op meer as 100 000 staan.

2012 was ‘n groot jaar vir Theuns. Nie net het hy sy vyfde solo-CD, Roeper, vrygestel nie, maar hy en Juanita het weer saamgewerk op Hart Vol Drome.

Roeper was een van 2012 se grootste verkopers en het lank op die topverkoper-lyste van platewinkels en programme soos RSG se Top 20 en DKNK geboer. Die handvol Ghoema-toekennings wat die album in April 2013 gewen het – onder meer vir album van die jaar - het beteken dat dit later die maand wéér op RSG se Top 20 was. Die verkope van die album is verby die 125 000-merk en ook kritici het die album geloof as een van die beste die afgelope tyd.

Theuns is met sy diep rasperstem nie net ‘n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom – is uit sy pen.

Groot sukses in 2013[wysig]

2013 was ‘n groot jaar vir Theuns Jordaan met sy album Roeper wat verskeie pryse ingeryg het. By die Ghoema-toekenningsaand vroeg in 2013 het Theuns vyf toekennings gewen - album van die jaar, beste kontemporêre manskunstenaar, beste albumverkoper én beste DVD vir Hart Vol Drome saam met Juanita du Plessis. Theuns het ook die Diamantprys vir totale verkoopsyfers van meer as 1 miljoen ontvang. By die Sama-toekennings in Mei van dié jaar het hy twee pryse gewen – een vir die beste Afrikaanse kontemporêre album (vir Roeper) en ook die groot prys van die jaar, dié van topverkoper album in Suid-Afrika. By die Tempo-toekennings het hy die topverkoper mans-album vir die jaar gewen vir Roeper. Daarnaas het hy saam met Juanita du Plessis die toekenning gewen vir die topverkoper DVD vir Hart Vol Drome.

Diskografie[wysig]

Theuns Jordaan het tot dusver sewe albums vrygestel:

  • Vreemde stad (1999)
  • Tjailatyd (2002)
  • Seisoen (2005)
  • Grootste Treffers (2007)
  • Bring Jou Hart — met Juanita du Plessis (2008)
  • Driekuns (2009)
  • Kouevuur — Die musiek van Koos du Plessis (2009)

Albums[wysig]

Vreemde stad (1999)[wysig]

  1. Klein Verbond
  2. Onthou Jy Nog
  3. Skipskop
  4. Makiesakie
  5. In Beaufort-Wes
  6. Sonvanger
  7. Visserman
  8. Skielik Is Jy Vry
  9. Vreemde Stad
  10. Lalie
  11. Hakieshart
  12. Sien Jou Weer
  13. Loslappie Mengelmoes
  14. Liedjieboer Mengelmoes

Tjailatyd (2002)[wysig]

  1. Soos Bloed
  2. Hanne
  3. Gesiggle
  4. Straattroebadoere
  5. As Ek Vra
  6. Tjallatyd
  7. Hoe Draai Die Wind Dan Nou
  8. Moenie
  9. Vermiste Mense
  10. Alleen Sonder Jou
  11. Buitekant
  12. Waar Was Jy
  13. Laslappie

Seisoen (2005)[wysig]

  1. Jou asem
  2. Hillbrow
  3. Skadu in die nag
  4. Namibsroos
  5. Ek roep jou naam
  6. Stofpad
  7. Praat is te laat
  8. Wie weet
  9. Donkerpad
  10. Bietjie van my
  11. Huise van glas
  12. Jukebox medley:Kalbassies,Travel in Staail,Hex-Vallei,City/Stad,Meisie sonner sokkies,Die skoene moe
  13. Groet sonder woorde

Grootste Treffers (2007)[wysig]

  1. Soos Bloed
  2. Jou Asem
  3. Hakieshart
  4. Namibsroos
  5. Hanne
  6. Beautiful in Beaufort-Wes
  7. Skipskop
  8. Hillbrow
  9. Pakpoort
  10. Sonvanger
  11. Vreemde Stad
  12. Buitekant
  13. Visserman
  14. Tjailatyd
  15. Bietjie van My
  16. Laslappie
  17. Bring Jou Hart
  18. Moenie
  19. Groet Sonder Woorde

Bring Jou Hart — met Juanita du Plessis (2008)[wysig]

CD 1[wysig]
  1. Intro
  2. Bring Jou Hart
  3. Vergeet om my te Vergeet
  4. My Best Friend
  5. Beautiful in Beaufort-Wes
  6. Hanne
  7. Namibsroos
  8. Skipskop
  9. Vier Seisoene Kind
  10. Country Medley
  11. Jou Skaduwee
  12. Vlieg Hoog
  13. Gospel Medley
CD 2[wysig]
  1. Because it's Love
  2. Daar
  3. Bietjie van My
  4. Jou Asem
  5. Soos Bloed
  6. Dis Waar ek wil Wees
  7. Nou wat nou
  8. Lepellê
  9. Golden Oldie Medley
  10. Finale Medley

Driekuns (2009)[wysig]

CD 1 - Vreemde Stad[wysig]
  1. Klein Verbond
  2. Onthou Jy Nog
  3. Skipskop
  4. Makiesakie
  5. Beautiful In Beaufort-Wes
  6. Sonvanger
  7. Visserman
  8. Skielik Is Jy Vry
  9. Vreemde Stad
  10. Lalie
  11. Hakieshart
  12. Sien Jou Weer
  13. Loslappie Mengelmoes
  14. Liedjieboer Mengelmoes
CD 2 - Tjailatyd[wysig]
  1. Soos Bloed
  2. Hanne
  3. Gesiggle
  4. Straattroebadoere
  5. As Ek Vra
  6. Tjallatyd
  7. Hoe Draai Die Wind Dan Nou
  8. Moenie
  9. Vermiste Mense
  10. Alleen Sonder Jou
  11. Buitekant
  12. Waar Was Jy
  13. Laslappie
CD 3 - Seisoen[wysig]
  1. Jou asem
  2. Hillbrow
  3. Skadu in die nag
  4. Namibsroos
  5. Ek roep jou naam
  6. Stofpad
  7. Praat is te laat
  8. Wie weet
  9. Donkerpad
  10. Bietjie van my
  11. Huise van glas
  12. Jukebox medley:Kalbassies,Travel in Staail,Hex-Vallei,City/Stad,Meisie sonner sokkies,Die skoene moe
  13. Groet sonder woorde

Kouevuur — Die musiek van Koos du Plessis (2009)[wysig]

  1. Kouevuur
  2. Kinders van die Wind
  3. Môreliedjie
  4. Onthou jy nog
  5. Sprokie vir 'n Stadskind
  6. Jantjie van die Berge
  7. Skielik is jy vry
  8. Op die pad na Nooitgedacht (Duet met Robbie Wessels)
  9. Skimme
  10. As Almal vêr is
  11. Herbergier
  12. Vermiste Mense
  13. Skerwers
  14. Skadu's teen die Muur
  15. Groet sonder Woorde
  16. Molberge (Duet met Karla du Plessis)
  17. Gebed

Filmografie[wysig]

Sien ook[wysig]