Kemerowo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Kemerowo-oblast.
Kemerowo
Кемерово
Die parlement van Kemerowo
Die parlement van Kemerowo
Vlag van Kemerowo
Vlag
Wapen van Kemerowo
Wapen
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland
Ligging van Kemerowo op 'n kaart (Kemerowo-oblast)
Kemerowo
Kemerowo
Die ligging van die stad Kemerowo in die oblast
Koördinate: 55°20′0″N 86°04′0″O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Kemerowo-oblast
Stigting 1918
Stadstatus 1918
Regering
 - Tipe Stad-okroeg
 - Burgemeester Waleri Jermakof
Oppervlak
 - Stad 282 km²  (108,9 vk m)
Hoogte 140 m (459 vt)
Bevolking (2014)
 - Stad 544 006
 - Digtheid 1 890/km² (4 895,1/myl2)
Tydsone OMST (UTC+07:00)
Poskode 6500xx
Skakelkode(s) 7 3842
Webwerf: kemerovo.ru

Kemerowo (Russies: Ке́мерово) is ’n nywerheidstad in Rusland. Dit is aan die Tom-rivier geleë, oosnoordoos van Nowosibirsk, en is die administratiewe hoofstad van die Kemerowo-oblast in die groot steenkool-mynboustreek van die Koeznetsk-kom. Dit word aan Noord-Rusland verbind met die Transsiberiese Spoorlyn. Die inwonertal is 544 006 (2014-sensus).

Geskiedenis[wysig]

Kemerowo is ’n samesmelting van verskeie ouer Russiese nedersettings, soos Werchotomsk-ostrog (gestig in 1657), Sjtsjeglowo (1701), Jewsejewo, Krasni Jar en Borowaja. In 1721 is steenkool in die gebied ontdek en die eerste steenkoolmyne is in 1907 begin. Teen 1917 het die bevolking van Sjtsjeglowo reeds tot sowat 4 000 gegroei.

Die bou van ’n spoorlyn het bygedra tot die verdere ontwikkeling van die streek en in 1918 het Sjtsjeglowo stadstatus gekry. Dit word beskou as die stigtingsdatum van Kemerowo, destyds nog ’n klein dorpie, omdat dit toe deel van die Sjtsjeglowo-munisipaliteit geword het. In 1932 is Sjtsjeglowo herdoop tot Kemerowo en in 1943 het dit die hoofstad van die Kemerowo-oblast geword.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

Eksterne skakels[wysig]