Kizil

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kizil
Кызыл
Kizil: Die Middelpunt van Asië-monument
Kizil: Die Middelpunt van Asië-monument
Wapen van Kizil
Wapen
Die ligging van Tiwa in Rusland
Die ligging van Tiwa in Rusland
Ligging van Kizil op 'n kaart (Tiwa)
Kizil
Kizil
Die ligging van Kizil in Tiwa
Koördinate: 51°43′N 94°27′O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Tiwa
Stigting 1914
Regering
 - Tipe Stad-okroeg
 - Burgemeester Wladislaf Chowalig
Bevolking (2013)
 - Stad 113 333
Tydsone UTC+08:00 (UTC)

Kizil (Russies en Tiwaans: Кызы́л) is die hoofstad van die Republiek van Tiwa, ’n federale deelgebied van Rusland. Die stad se naam beteken "rooi" in Tiwaans. Die bevolking in 2013 was 113 333.

Die stad is geleë waar die Jenisei-rivier by die Mali Jenisei aansluit om die Werchni Jenisei te vorm.[1] Kizil beweer hy is op die presiese geografiese middelpunt van Asië geleë. Die feit word egter betwis, maar daar is ’n monument by Kizil met die naam "Middelpunt van Asië" wat in Engels, Russies en Tiwaans daarop aanspraak maak.

Verwysings[wysig]

  1. Kyzyl”. Encyclopædia Britannica. URL besoek op 2007-07-30.

Eksterne skakels[wysig]