Tiwaans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tiwaans
Taal Tiwaans
Familie Turks
Gepraat in Tiwa, Mongolië, Sjina
Plaaslike naam Тыва дыл, Tiwa dil

Tiwaans of Toewaans (Tiwaans: тыва дыл, tiwa dil) is ’n Turkse taal wat in die Republiek van Tiwa in Suidsentraal-Siberië gepraat word. Die taal het baie woorde uit Mongools en meer onlangs uit Russies geleen. Daar is ook Tiwaanssprekense minderhede in Mongolië en Sjina.

Daar is hoofsaaklik vier dialekte in Tiwa self: Wes-, Sentraal-, Noordoos- en Suidoos-Tiwaans.

Grammatika[wysig]

In Tiwaans word agtervoegsels gebruik om nuwe betekenisse aan woorde te gee. "Kameel" is byvoorbeeld tewe, "kamele" is tewe-ler, "my kamele" is tewe-ler-im en "van my kamele" is tewe-ler-im-den. Daar is ses naamvalle, en elke naamval-uitgang het ’n groot verskeidenheid gebruike en betekenisse, waarvan net ’n paar hier aangegee word.

Tewe [tewe] Nominatief "kameel" (geen agtervoegsel)
Tewe + /-NIŋ/ [teweniŋ] Genitief "van die kameel" (die fonetiese simbool [ŋ] word 'ng' uitgespreek soos in 'sing')
Tewe + /-NI/ [teweni] Akkusatief "die kameel" (bepaalde lidwoord, direkte voorwerp, soos in "Ek sien DIE kameel")
Tewe + /-KA/ [tewege] Datief "vir die kameel" (in die verlede tyd)
Tewe + /-DAn/ [teweden] Ablatief "van die kameel" of "as ’n/die kameel" (soos in "groter as ’n/die kameel")
Tewe + /-DA/ [tewede] Lokatief "by die kameel" of "in die kameel" (dui soms ook besitting aan)

Skryfstelsels[wysig]

Tiwaans is aanvanklik in die Mongoolse alfabet geskryf.[1]. In 1930 is ’n Latynse alfabet ontwerp en dié is in 1943 deur ’n Cyrilliese alfabet vervang wat vandag nog gebruik word.

Verwysings[wysig]

  1. Cf. Otgonbayar Chuluunbaatar: Einführung in die mongolischen Schriften. Buske Verlag, Hamburg 2008, ISBN 978-3-87548-500-4, S. 70.
  • Anderson, Gregory D.S. (2004). Auxiliary Verb Constructions in Altai-Sayan Turkic. Wiesbaden: Otto Harrassowitz. ISBN 3447046368
  • Anderson, Gregory D.S.; Harrison, K. David (1999). Tyvan, Languages of the World/Materials 257. Lincom Europa. ISBN 3-89586-529-X. 

Eksterne skakels[wysig]


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Amptelike tale in die Russiese Federasie
AbazynsAdigiesAltaisAwaarsBasjkiriesBoerjatiesChakasiesChantiErzjaIngoesjetiesJakoetiesKabardiesKalmikiesKaratsjai-BalkariesKomi-SirjeensMansiMariMoksjaNenetsNogaiOedmoertsOssetiesRussiesTartaarsTiwaansTsjetsjniesTsjoektsjiesTsjoewasjies