Kleinflamink

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kleinflamink
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Phoenicopteriformes
Familie: Phoenicopteridae
Genus: Phoenicopterus
Spesie: P. minor
Binomiale naam
Phoenicopterus minor
Geoffroy Saint-Hilaire, 1798

Die kleinflamink is 'n spesie in die flaminkfamilie wat in Afrika, Pakistan en Noordwes Indië voorkom. Alhoewel dit die volopste van die flaminkspesies is, is die bevolking steeds kwesbaar vir bedreiging.

Identifikasie[wysig]

Die meeste van die vere is pient-wit. Die duidelikeste verskil van die Grootflamink is die addisionele swart op die snawel.

Habitat[wysig]

Dié flamink eet hoofsaaklik die alge Spirulina plantensis, wat voorkom in mere met 'n baie hoë sout gehalte. Hulle snawels is goed aangepas vir klein voedsel items. Soos die meeste flaminke word 'n enkele kalk-wit eier gelê op 'n klein modderhoop.

Verspreiding[wysig]

Die kleinflamink kom voor in Afrika, hoofsaaklik in die Groot Skeurvallei en in die noord-weste van Indië. Dit is die kleinste van die flamink spesies.

Ander name[wysig]

  • Engelse naam: Lesser Flamingo
  • Wetenskaplike naam: Phoenicopterus minor

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  1. BirdLife International (2008). Phoenicopterus minor. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 17 April 2009.