Kroonarend

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kroonarend
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Falconiformes
Familie: Accipitridae
Genus: Stephanoaetus
Sclater, 1922
Spesie: S. coronatus
Binomiale naam
Stephanoaetus coronatus
(Linnaeus, 1766)
Verspreiding van die kroonarend.
Verspreiding van die kroonarend.

Die kroonarend (Stephanoaetus coronatus), is 'n groot, kragtige roofvoël (80–90 cm) van die genus Stephanoaetus. Die kroonarend is 'n bewoner van tropiese Afrika, suid van die Sahara en word in Suid-Afrika in die oostelike landstreke aangetref.

Kroonarende woon hoofsaaklik in digte woude en hul stapelvoedsel is ape (veral die van die Cholorcebus-genus) en ander medium-grootte soogdiere, soos dassies en klein bokkies. Alhoewel 98% van hul dieet uit soogdiere bestaan, sal kroonarende ook nou en dan voëls en akkedisse eet.

Die kroonarend gebruik sy pote om sy prooi dood te druk. Dit word as die sterkste voël in Suidelike Afrika beskou. Hulle leef in familiegroepe wat uit 'n vader, 'n moeder en enkele jonger voëls bestaan.

Ander name[wysig]

  • Engels: African Crowned Eagle
  • Wetenskaplike naam: Stephanoaetus coronatus

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  • The 2006 IUCN Red List of Threatened Species. Bevat inligting omtrent die bedreigingstatus van die Kroonarend [1].
  • Gibbon, Guy; Maclean, Gordon & van der Merve, Steven (1997): Roberts' Multimedia Birds of Southern Africa 2.1 (CD-ROM). Southern African Birding cc.