Kwekwe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kwekwe
(vroeër Que Que)
Moskee in Kwekwe
Moskee in Kwekwe
Bynaam: kwelakwela
Ligging van Kwekwe op 'n kaart (Zimbabwe)
Kwekwe
Kwekwe
Koördinate: 18°55′0″S 29°49′0″O Koördinate: 18°55′0″S 29°49′0″O
Land Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Provinsie Midlands
Stigting 1898
Regering
 - Burgemeester Stefan Bonyongwa
Hoogte 1 220 m (4 003 vt)
Bevolking
 - Stad 99 149
 - Metropolitaans 70 700
Tydsone SAT (UTC+2)

Kwekwe (voorheen Que Que) is 'n dorp in Zimbabwe, presies 220 km van Harare sowel as Bulawayo aan die hoofpad en spoorlyn tussen die twee stede geleë. Die beraamde bevolking in 2009 was 98 712, drie keer meer as die 1969-sensussyfer van 32 880, waarvan swartes 29 240, wittes 3 153, Asiërs 287 en bruines 202 was.

Die dorp het sy ontstaan in 1902 gehad in 'n ryk goudgebied. Die Globe and Phoenix-myn aan die rand van die dorp het 'n groot rol in sy ontwikkeling gespeel. Die myn het die eerste goeie watervoorsiening in 1910 verskaf en elektrisiteit in 1914. Kwekwe het in 1934 dorpstatus verkry.

Voor die ontwrigting van die dekade na 2000 was Kwekwe die bedrywige middelpunt van 'n bees en gemengde boerderygebied, hoewel die mynbou steeds 'n belangrike rol speel. Koper, goud, yster, kalksteen, kwarts en silika word in die omgewing ontgin. Die ysterertsmyne en staalaanleg op Redcliff is net 14 km ver geleë.

Tydens die jare sestig en sewentig het Kwekwe snel uitgebrei as vervaardigingsentrum, veral vir bedrywe wat op staal en chroom gegrond was.

Bronne[wysig]