Leonard Cohen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Leonard Cohen
Leonard Cohen 2155.jpg
Leonard Cohen in 2008
Geboortenaam Leonard Norman Cohen
Geboorte 21 September 1934
Montreal, Quebec, Kanada
Beroep(e) Sanger, liedjieskrywer, musikant, digter, romanskrywer
Genre(s) Folk, folk rock, rock, spoken word-digkuns
Instrument(e) Stem, kitaar, klavier, klawerbord, sintetiseerder
Aktiewe jare 1956 tot hede
Uitgewer(s) Columbia
Webwerf leonardcohen.com
Portal.svg Musiekportaal

Leonard Norman Cohen (* 21 September 1934 in Montreal, Kanada) is 'n Kanadese sanger, liedjieskrywer, musikant, digter en romanskrywer wat in sy werke dikwels godsdiens, seksualiteit en verhoudings tussen mense behandel en met sy lirieke reeds meer as vyftig jaar lank beslissende invloed op ander musikale kunstenaars en skrywers uitgeoefen het.

Cohen het sy grootste suksesse in die 1960's behaal, maar word naas Bob Dylan en Paul Simon as een van die groot musikale kunstenaars van dié periode beskou wat ook in die 21ste eeu gehore met sy unieke diep stem en melancholiese sangstyl vermaak.

Leonard Cohen is deur die Amerikaanse Rock and Roll Hall of Fame asook die Kanadese Music Hall of Fame en Songwriters Hall of Fame vereer. Die sanger het daarnaas die hoogste burgerlike toekenning in Kanada, die Ordre du Canada/Order of Canada ontvang.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Leonard Cohen (kategorie)