Likoed

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Likoed
הליכוד
Logo van die betrokke party.
Leier Benjamin Netanyahu‎
Gestig 1973 (alliansie)
1988 (verenigde party)
Hoofkwartier Metzudat Ze'ev, 38 King George Street, Tel Aviv, Israel
Ideologie Nasionale liberalisme, Liberale konserwatisme, Revisionistiese Zionisme (histories)
Webblad likud.org.il

Die Likoed (Hebreeus: הליכוד, uitspraak: 'lie-Koed', Afrikaanse betekenis: Eenheid) is 'n Israeliese politieke party van konserwatief-liberale oortuigings. Hulle is ook sekulêr-Sionisties, maar daar is 'n duidelike godsdienstig-Sionistiese invloed te bespeur.

Geskiedenis[wysig]

Likoed is die belangrikste middelregse party[1][2] in Israel. Dit is in 1973 gestig deur Menachem Begin in 'n alliansie met verskeie regse en liberale partye. Likoed se oorwinning in die 1977-verkiesing was 'n belangrike keerpunt in die land se politieke geskiedenis, wat die eerste keer die linker krag verloor het. Daarbenewens was dit die eerste keer in Israel se geskiedenis dat 'n regse party die meerderheid stemme wen.[3] Maar, nadat hulle die land vir die meeste van die 1980's regeer het, verloor die party die Knessetverkiesing in 1992.

Nietemin wen Likoed se kandidaat, Benjamin Netanyahu, die meeste stemme vir Eerste Minister in 1996 en ontvang dus die taak vir die vorming van 'n regering ná die 1996-verkiesing. Na 'n oortuigende oorwinning in die 2003-verkiesing, tref 'n groot skeuring Likoed in 2005, toe die Likoedleier Ariel Sharon die party verlaat het om die nuwe Kadimaparty te stig. Dit het gelei tot Likoed se val tot die vierde plek in die 2006-verkiesing.

Na die 2009-verkiesing, het die party meeste van sy verliese herower, en kon dit die Israelse regering vorm onder leiding van die eerste minister, Benjamin Netanyahu. In die 2013-verkiesing het die party 20 setels verower op 'n gesamentlike lys met Yisrael Beiteinu.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Likoed (kategorie)
  1. "Israel PM faces dilemma after Likud lurches further right", 27 November 2012.
  2. "Likud", 27 November 2012.
  3. Bsisu, N. (2012). “Israeli Domestic Politics and the War in Lebanon”. Lights: the MESSA Journal 29. Besoek op 23 March 2013.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.