Benjamin Netanyahu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Benjamin Netanyahu
בנימין נתניהו
Benjamin Netanyahu

13de Eerste Minister van Israel
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
31 Maart 2009
President Shimon Peres
Reuven Rivlin
Voorafgegaan deur Ehud Olmert

9de Eerste Minister van Israel
Ampstermyn
18 Junie 1996 – 6 Julie 1999
President Ezer Weizman
Voorafgegaan deur Shimon Peres
Opgevolg deur Ehud Barak

Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn
18 Desember 2012 – 11 November 2013
Voorafgegaan deur Avigdor Lieberman
Opgevolg deur Avigdor Lieberman
Ampstermyn
6 November 2002 – 28 Februarie 2003
Eerste Minister Ariel Sharon
Voorafgegaan deur Shimon Peres
Opgevolg deur Silvan Shalom

Leier van die Opposisie
Ampstermyn
28 Maart 2006 – 31 Maart 2009
Eerste Minister Ehud Olmert
Voorafgegaan deur Amir Peretz
Opgevolg deur Tzipi Livni

Minister van Finansies
Ampstermyn
28 Februarie 2003 – 9 Augustus 2005
Eerste Minister Ariel Sharon
Voorafgegaan deur Silvan Shalom
Opgevolg deur Ehud Olmert

Persoonlike besonderhede
Geboorte 21 Oktober 1949 (1949-10-21) (64 jaar oud)
Tel Aviv, Israel
Politieke party Likoed
Eggenoot/eggenote Miriam Weizmann (1972-1978)
Fleur Cates (1981-1984)
Sara Ben-Artzi (sedert 1991)
Kind(ers) 3
Alma Mater Universiteit van Chili
Religie Sekulêre Judaïsme
Handtekening Benjamin Netanyahu Signature.svg

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Israel Israel
Diens/Tak Flag of the Israel Defence Forces.svg Israeliese verdedigingsmagte
Jare in diens 1967–1973
Rang Kaptein
Eenheid Sayeret Matkal
Oorloë/Veldslae Uitputtingsoorlog
Jom Kippoer-oorlog

Benjamin (Bibi) Netanyahu (Hebreeus: בנימין נתניהו; gebore 21 Oktober 1949 in Tel Aviv) is 'n Israelse politikus wat aan die regs-liberale politieke party Likoed behoort.

Lewensloop[wysig]

Sedert 18 Maart 2013 is hy die Eerste Minister van die regs-sentrale Netanyahu III-kabinet. Van 31 Maart 2009 tot 18 Maart 2013 was hy die Eerste Minister van die regse Netanyahu II-kabinet. Hy was vanaf 1996 tot 1999 ook premier gewees, van die regse Netanyahu I-kabinet.

Van 1988 tot 1999 was hy 'n lid van die Knesset. Sedert 2003 is hy weer 'n lid van die Knesset. Netanyahu het verskeie ministersposte beklee. Hy was van 2002 tot 2003 minister van Buitelandse sake en van 2003 tot 2005 minister van Finansies.

Netanyahu was van 1967 tot 1972 'n offisier in die Matkal-kommando van die Israeliese Lëer. Hy het argitektuur en bestuur aan die Massachusetts Institute of Technology en politikologie (geen diploma) aan die Harvard-universiteit gestudeer. Netanyahu het by die Boston Consulting Group gewerk en was van 1984 tot 1988 die Israelse ambassadeur by die Verenigde Nasies.

Familie[wysig]

Benjamin Netanyahu is vir die derde keer getroud en het drie kinders. Hy woon in Jerusalem en is 'n aanhanger van die Judaïsme.

Hy is die broer van die Israelse oorlogsheld Jonatan Netanyahu, wat in 1976 tydens Operasie Entebbe gesterf het.

Werke[wysig]

Netanyahu het verskeie boeke geskryf, veral oor die bestryding van terrorisme.

  • 1978: Yoni's Letters (red.)
  • 1980: Terror: Challenge and Reaction (red.)
  • 1986: Terrorism: How the West Can Win (red.)
  • 1991: International Terrorism: Challenge and Response (red.)
  • 1993: A Place Among the Nations: Israel and the World
  • 1995: Fighting Terrorism: How Democracies Can Defeat Domestic and International Terrorism

Bronne[wysig]

  • Nederlandstalige Wikipedia en Knesset-webwerf

Eksterne skakels[wysig]