Luxemburgers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Luxemburgers
Dennis Hastert.jpgRed-faber.jpgJuncker EPP Summit October 2010.jpgSchleck Andy 2007.jpgMichelLentzLuxembourg.jpg

PaulLauterbur.jpgBundesarchiv Bild 183-19000-2453, Robert Schuman.jpgCharlotte, Grand Duchess of Luxembourg.jpgNicolas Frantz (1899-1985).jpgHenry Lux head.jpg

Totale bevolking: >430 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Luxemburg Luxemburg: ~300 000[1]
Vlag van Verenigde State Verenigde State: 45 139[2][3]
Vlag van Frankryk Frankryk: 40 000[4]
Vlag van België België: 30 000[1]
Vlag van Brasilië Brasilië: 25 000 - 80 000[5]
Vlag van Duitsland Duitsland: 15 000
Vlag van Argentinië Argentinië: onbekend[5]
Taal: Luxemburgs
Geloofsoortuiging: Christene (Rooms-Katolieke en Protestante)
Verwante etniese groepe: Duitse, Franse, Duitsers, Nederlanders

Die Luxemburgers is 'n meertalige volk wat inheems aan Luxemburg behoort, die Luxemburgse kultuur deel en van Luxemburgse afkoms is.

Die meeste etniese Luxemburgers is woonagtig in die Groothertogdom Luxemburg (300 000), 'n landjie wat in Europa tussen Duitsland, Frankryk en België geleë is en afstammelinge uit Keltiese of Germaanse oorsprong is. Die meeste praat Luxemburgs as moedertaal, met Frans of Duits as tweede taal. Luxemburgs is 'n Duitse dialek. Daar is egter 'n groot verstrooiing van Luxemburgers in die hele Europa en elders. Daar is veral aansienlike getalle in België, Frankryk en Duitsland. Laasgenoemde is om geskiedkundige redes so: Luxemburg was vroeër in drie dele verdeel, wat later by hul aangrensende state ingelyf is.

Daar is ook aansienlike bevolkingstalle in die Amerikas, met die meeste in die Verenigde State woonagtig. Daar is baie mense in Argentinië en Brasilië van Luxemburgse afkoms wat, soos die Duitsers, in die negentiende eeu hierheen geëmigreer het. Andere het saam met die Duitsers gedurende die eerste fase van die Ooskolonisasie in die 12de eeu ooswaarts na Roemenië getrek. Transsilvaniese Saksers is afstammelinge van hierdie volksplanters.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Luxembourgish”. Ethnologue: 2005. URL besoek op 2007-06-25.
  2. Total US population by ancestry”. United States Census Bureau: 2000. URL besoek op 2007-06-25.
  3. Luxembourgers in America”. Library of Congress: 12 January 2006. URL besoek op 2007-06-25.
  4. [1]
  5. 5,0 5,1 (fr) Wey, Claude (2002). “L’émigration luxembourgeoise vers l’Argentine”. (PDF) CDMH. URL besoek op 2007-06-25.