Jean-Claude Juncker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jean-Claude Juncker
Jean-Claude Juncker

Jean-Claude Juncker in 2014


Gekose President van die Europese Kommissie
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
November 2014
Voorafgegaan deur José Manuel Barroso

Eerste Minister van Luxemburg
Ampstermyn
20 Januarie 1995 – 4 Desember 2013
Vise Jacques Poos
Lydie Polfer
Jean Asselborn
Monarg Jean
Henri
Voorafgegaan deur Jacques Santer
Opgevolg deur Xavier Bettel

Minister vir Finansies
Ampstermyn
14 Julie 1989 – 23 Julie 2009
Eerste Minister Jacques Santer
Voorafgegaan deur Jacques Santer
Opgevolg deur Luc Frieden

President van die Europese Raad
Ampstermyn
1 Januarie 2005 – 1 Julie 2005
Voorafgegaan deur Jan Peter Balkenende
Opgevolg deur Tony Blair

Persoonlike besonderhede
Geboorte 9 Desember 1954 (1954-12-09) (59 jaar oud)
Rédange-sur-Attert, Luxemburg
Politieke party CSV
Eggenoot/eggenote Christiane Frising
Alma Mater Universiteit van Strassburg
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening Jean-Claude Juncker signature.svg

Jean-Claude Juncker (gebore op 9 Desember 1954 in Rédange-sur-Attert) is 'n Luxemburgse politikus en lid van die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei (Christelik-Sosiale Volksparty, CSV). Hy was vanaf 1995 tot 2013 die Eerste Minister van die Groothertogdom Luxemburg en is tans die leier van die opposisie. Op 15 Julie 2014 is hy tot president van die Europese Kommissie gekies en sal die amp in November 2014 aantree.

Biografie[wysig]

In 1974 slaag Jean-Claude Juncker die Diplome de fin d´études secondaires (Luxemburgse matriek) by die Lycée (Hoërskool) Michel Rodange in Luxemburg. Hy word gelyktydig 'n lid van die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei. Hy skryf in 1975 by die Universiteit van Straatsburg (Frankryk) in en behaal in 1979 'n graad in die regswetenskappe. Na sy studie werk hy as 'n advokaat.

In 1982 word hy as Staatssekretaris in die Departement van Arbeid en Sosiale Sekerheid benoem. Twee jaar later wen hy 'n setel in die Luxemburgse Chambre des Deputés. In 1989 word hy as Minister van Finansies en Arbeid en as Goewerneur van die Wêreldbank benoem. Hy speel 'n leidende rol by die onderhandelings oor die Verdrag van die Europese Unie (Maastrichtse Ooreenkomste). In 1995 word hy die Eerste Minister van Luxemburg en Goewerneur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF). In die tweede halfjaar van 1997 en nog eens in die eerste halfjaar van 2005 is hy die President van die Raad van die Europese Unie.