M'basherivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
M'basherivier
Mbashe, Bashee
Oorsprong Drakensberg
Monding Indiese Oseaan
Stroomgebied Suid-Afrika
Oorsprong-hoogte 1 700 meter
Monding-hoogte 0
Stroomgebiedoppervlakte 6 030 km²
Ligging van M'basherivier op 'n kaart (Oos-Kaap)
M'basherivier
M'basherivier
Monding van die M'basherivier
Koördinate: 32°15′″S 28°54′″O Koördinate: 32°15′″S 28°54′″O

Die M'basherivier is een van die groot riviere in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die rivier vloei in 'n suidoostelike rigting en het 'n opvanggebied van 6 030 km².[1] Die M'bashe word deur die Xuka-, Mgwali-, Dutywa- en die Mnyolo-riviere gevoed. Die water stroom by 'n riviermonding naby die M’bashe Pointvuurtoring, suid van Mhlanganisweni in die Indiese Oseaan in.[2]

Geskiedenis[wysig]

Die Portugese skip, die São Bento strand in 1554 by die rivier se monding. Slegs 98 Portugese en 224 slawe oorleef die stranding.[3]

Nelson Mandela is in 1918 in Mvezo, 'n dorpie langs die rivier gebore.[4]

Ekologie[wysig]

Van die visse wat hier gevang word sluit in kleinbek-geelvis (Labeobarbus aeneus), goud-ghieliemientjie (Barbus pallidus), dikkop-ghieliemientjie (Barbus anoplus)), varswater-harder (Myxus capensis), Anguilla marorata en geelbekpaling (Anguilla mossambica). Die geelbekpaling is 'n indringerspesie wat nou wydverspreid in die rivierstelsel voorkom.[5]

Verwysings[wysig]