Maleise skiereiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ligging van die Maleise skiereiland

Die Maleise skiereiland of Malakka-skiereiland (Maleis: Semenanjung Tanah Melayu, Thai: คาบสมุทรมลายู) is 'n skiereiland in Suidoos-Asië. Op die skiereiland is dele van Mianmar, Thailand, Maleisië en die stadstaat Singapoer. In die suide daarvan is die suidelikste punt van die vasteland van Asië geleë.