Mont Blanc

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Mont Blanc
Mont Blanc depuis Valmorel.jpg
Die Mont Blanc soos gesien vanaf Valmorel
Ligging: aan die grens tussen Frankryk en Italië
Hoogte: 4 810 meter
Reeks: Alpe
Koördinate: 45°49′57″N 6°51′52″O
Datum van eerste bestyging: 8 Augustus 1786
Eerste bestyger(s): Jacques Balmat en Michel-Gabriel Paccard
Maklikste roete: Hoë toer van Refuge du Goûter
Vertaling van naam: Wit Berg (Frans, Italiaans)
Uitspraak: /[mõˈblɑ̃], [ˌmonteˈbi̯aŋko]/

Mont Blanc ([mõˈblɑ̃], Italiaans: Monte Bianco [ˌmonteˈbi̯aŋko]) is 'n berg in Europa wat aan die grens tussen Frankryk en Italië geleë is. Met sy hoogte van 4 810 meter is dit die hoogste berg in die Alpe en die Europese Unie en word gewoonlik as die hoogste berg van Europa beskou. Volgens 'n ander definisie van die Eurasiese grens is die Elbroes in die Kaukasus met 5 642 meter die hoogste berg van Europa.