Muhammad Ali

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Muhammad Ali
Swaargewig Boks kampioen van die wêreld
Muhammad Ali NYWTS.jpg
Doopnaam: Cassius Marcellus Clay Jr.
Geboorte: 17 Januarie 1942; Louisville, Kentucky, V.S.A.
Beroep: Bokser
Afdeling: Swaargewig
Lengte: 1,91 m

Muhammad Ali is 'n afgetreë Amerikaanse bokser en voormalige Swaargewigwêreldkampioen. Hy is tot hede die enigste man wat die liniêre swaargewigkampioenskap drie keer gewen het.[1] Ali was ook die wenner van die Olimpiese liggewig gouemedalje. Hy is in 1999 as die "Sportsman van die eeu" gekroon deur Sports Illustrated en die BBC.[2]

Ali is as Cassius Marcellus Clay, Jr., gebore in Louisville, Kentucky. Hy is na sy vader vernoem, wie weer na die 19de eeuse anti-slawerny-aktivis en politikus, Cassius Marcellus Clay, vernoem is. Ali het sy naam verander ná hy in 1964 by die Nasie van Islam aangesluit het. In 1975 is hy tot Soenni Islam bekeer en daarna tot Soefi Islam.[3]

Ali was bekend vir sy vegstyl, wat hy beskryf het as "sweef soos 'n skoenlapper, steek soos 'n by".[4] Ali het 'n naam vir homself gemaak met sy vinnige hande en voete en sy tartende taktieke.

Uit 'n totaal van 61 wedstryde het Ali 56 gewen, waarvan 37 deur uitslaanhoue.

Aantekeninge en verwysings[wysig]

  1. Die "liniêre" titel word erken deur 'n (amper) ononderbroke lyn van titelhouers oor die afgelope 100 jaar na te trek, waartydens byna elke kampioen die vorige titelhouer verslaan het.
  2. Ali crowned Sportsman of Century, by die BBC-nuuswerf.
  3. Caldwell, Deborah. “Muhammad Ali's New Spiritual Quest”. Beliefnet. URL besoek op 2008-05-20.
  4. Eng. aanhaling: " "Float like a butterfly, sting like a bee", "Muhammad Ali", by QuoteDB.