Olimpiese Somerspele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Olimpiese ringe.
Kaart van elke Olimpiese Somerspele.

Die Olimpiese Somerspele of die Spele van die Olimpiade is 'n internasionale multi-sport geleentheid wat elke vier jaar deur die Internasionale Olimpiese Komitee georganiseer word. 'n Olimpiese oorwinning word wêreldwyd gesien as die mees prestigeryke oorwinning in 'n sport. Medaljes word uitgereik in elke item, met 'n goue medalje vir die eerste plek, silwer vir die tweede en brons vir die derde, 'n tradisie wat in 1904 begin het.

Kwalifisering[wysig]

Kwalifikasiereëls vir elke Olimpiese sport word deur die Internasionale Federasie (IF) wat die betrokke sport reël, opgestel.

Vir individuele sporte kwalifiseer deelnemers deur 'n bepaalde plek tydens 'n groot internasionale wedstryd te behaal, of volgens die ranglys van die IF. Nasionale Olimpiese Komitees (NOK) moet 'n beperkte aantal kwalifiserende atlete per item by die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) indien. Die IOK besluit dan welke van die atlete mag deelneem. Verskeie items kry 'n bepaalde aantal buiteperde, hierdie word veral aan atlete uit ontwikkelende lande toegeken.

Vir spansporte kwalifiseer lande deur die speel van kontinentale kwalifikasie toernooie. Elke kontinent kry 'n bepaalde aantal plekke in die Olimpiese toernooi. Die gasheerland se span kry gewoonlik 'n outomatiese plasing.

Sporte by die Olimpiese Somerspele[wysig]

Die volgende sportsoorte word tydens die Somerspele beoefen:

Atletiek, Pluimbal, Basketbal, Boks, Boogskiet, Gewigoptel, Gimnastiek, Handbal, Hokkie, Bofbal, Judo, Kanovaart, Moderne vyfkamp, Ruitersport, Roei, Skerm, Skyfskiet, Duik, Sagtebal, Gesinchroniseerde swem, Taekwondo, Tafeltennis, Tennis, Driekamp, Sokker, Vlugbal, Waterpolo, Fietsry, Stoei, Seil en Swem.

Toekomstige Olimpiese Somerspele[wysig]

Voltooide Olimpiese Somerspele[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:


Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896 · 1900 · 1904 · 1906* · 1908 · 1912 · 1916 · 1920 · 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1996 · 2000 · 2004 · 2008 · 2012 · 2016 · 2020

Olimpiese Winterspele: 1924 · 1928 · 1932 · 1936 · 1940 · 1944 · 1948 · 1952 · 1956 · 1960 · 1964 · 1968 · 1972 · 1976 · 1980 · 1984 · 1988 · 1992 · 1994 · 1998 · 2002 · 2006 · 2010 · 2014 · 2018 · 2022
Internasionale Olimpiese Komitee - Nasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.