Neris

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Neris - Ві́лія / Вя́льля - Wilia
Die Vilija-rivier (Neris) in Belarus.
Die Vilija-rivier (Neris) in Belarus.
NerisInLithuania.png
Die stroomgebied van die Neris.
Oorsprong Wit-Rusland
Monding Nemunas (Memel)
Stroomgebied Flag of Belarus.svg Wit-Rusland
Flag of Lithuania.svg Litaue
Lengte 510 km (320 myl)
Gemiddelde afloop 182 m³/s (6 428 ft³/s)
Stroomgebiedoppervlakte 25 100 km² (9 700 myl²)
Kaart van die Neris-bekken in Europa.
Kaart van die Neris-bekken in Europa.

Die Neris (Wit-Russies: Ві́лія of Вя́льля, Vialla; Pools: Wilia) is 'n Noordoos-Europese rivier met 'n lengte van 510 kilometer wat in Belarus (Wit-Rusland) ontspring, deur die Litause hoofstad Vilnius en Jonava vloei en in Kaunas in die Nemunas (Duits: Memel) uitmond.

Die Neris vloei oor 'n afstand van 275 kilometer deur Belarus, waar dit Vilija genoem word, en 235 kilometer deur Litaue waar dit Neris genoem word.

Die rivier verbind twee historiese hoofstede van Litaue met mekaar - Kernavė en Vilnius. Langs sy oewers is in die voor-Christelike tydperk talle begraafplase aangelê. Die ou grafheuwels van Karmazinai is sowat 25 kilometer van Vilnius af geleë.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Neris (kategorie)