Niekie van den Berg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Niekie van den Berg

Skadu-Minister van Kuns en Kultuur
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
2012

Lid van die Parlement vir Merafong, Gauteng
Ampstermyn
6 Mei 2009 – 20 Maart 2014
Ampstermyn
6 Mei 2009 – 20 Maart 2014
President {{{president5}}}

Persoonlike besonderhede
Geboorte onbekend
Politieke party Demokratiese Alliansie
Vryheidsfront Plus

Niekie van den Berg is 'n bekende radio-omroeper en mediapersoonlikheid. Hy het sy loopbaan as omroeper op 1 Junie 1982 begin by die destydse Afrikaanse Radiodiens van die SAUK. Hy is ook politikus.

Van den Berg het in 1989 oorgeskakel na TV-werk. Hy was die regisseur van die aktualiteitsprogram "Verslag" en 'n aanbieder van die TV-program "Uit en Tuis" saam met Joleen du Plessis.

In 1991 keer hy terug na radio as aanbieder van RSG se program "Monitor". Hy saai 'n verskeidenheid van programme uit, onder andere "Sê Wie?" en "Wat Sê Die Prokureur?". Hy het ook verskeie toetse as 'n krieket- en rugby-kommentator op sy kerfstok.

Niekie het in sy loopbaan drie Artesse, asook die Akademieprys vir radiohoorbeelde [1] verower.

Filmografie[wysig]

Rolprente waarin Van den Berg verskyn het:

Verwysings[wysig]

  1. Akademiepryse sedert 1909 op akademie.co.za

Eksterne skakels[wysig]