Vryheidsfront Plus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Vryheidsfront Plus
VF+
Logo van die betrokke party.

Leier Dr. Pieter Mulder
Gestig 4 Maart 1994
Hoofkwartier Pretoria
Ideologie Afrikanernasionalisme
Christelik Demokraties
Republikeins
Nasionale affiliasie Orania-beweging
Internasionale affiliasie Organisasie vir Onverteenwoordigde Nasies en Volke (UNPO)
Amptelike kleure      Groen
     Oranje
Webblad http://www.vryheidsfront.co.za

Die Vryheidsfront Plus (VF+) is ’n Suid-Afrikaanse politieke party vanuit die republikeinse tradisie wat daarop ingestel is om die belange van die Afrikaner-minderheid te beskerm. Die huidige leier van die party is dr. Pieter Mulder.

Geskiedenis[wysig]

Die Vryheidsfront is op 4 Maart 1994 gestig. Die party het destyds besluit om deur deelname aan die demokratiese proses sy doelwitte van minderheidsregte en selfbeskikking na te jaag. ’n Grondwetlike wysiging kort voor die verkiesing van 1994 het voorsiening gemaak vir ’n grondwetlike beginsel wat kulturele en etniese minderheidsgroepe in staat sou stel om hulle vir die bevordering van selfbeskikking binne die raamwerk van die grondwet te beywer. Dit het die weg gebaan vir die Vryheidfront se deelname in die eerste demokratiese verkiesings.

In die Algemene verkiesing van 1994, het die destydse Vryheidsfront onder die leierskap van Generaal Constand Viljoen 424 555 stemme (2,2% van die nasionale stemme) gekry. Dit het aan die party 9 lede in die eerste nasionale vergadering besorg. In die 1999 verkiesing het die steun van die party afgeneem tot 127 217 (0,8% van die nasionale stemme).

Samesmelting met die KP en AEB[wysig]

In September 2003, kort voor die 2004-verkiesing het die Konserwatiewe Party (KP) en die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB) hulle by die Vryheidsfront geskaar. Die Vryheidsfront sou sedertdien as die Vryheidsfront Plus bekend staan. In die 2004-verkiesing het die party se steun toegeneem tot 139 465 stemme of 0,89% van die uitgebragte stemme. Dit het aan die party 4 lede in die Nasionale Vergadering en 1 lid in die Nasionale Raad van Provinsies besorg. Die party het ook verteenwoordiging in 5 van die 9 provinsiale wetgewers.

Die Vryheidsfront Plus word ook nou verbind met die Afrikanergemeenskap van Orania, wat die enigste dorp in Suid-Afrika is met ’n VF-burgemeester, en is voorstanders van die Afrikaner-Volkstaatidee.

Die Vryheidsfront Plus beywer hom daarvoor om die Afrikaner se stem op al die vlakke van regering te verteenwoordig. Die party kan dus nie staat maak op groot getalle stemme nie, omdat die Afrikaner ’n minderheid in Suid-Afrika is. Hulle strategie om resultate te lewer vir die Afrikaner berus eerder in die manier waarop hulle die regerende party nader.

Die party poog ook meganismes buiten gewone politiek te gebruik om Afrikaners te bevoordeel. Dit word gedoen as deel van die party se strategie van "Meer as net opposisie". ’n Voorbeeld hiervan is die webwerf SA Talent wat Suid-Afrikaners uitnodig om hulle kundigheid op ’n databasis te registreer as ’n alternatief vir die invoer van buitelanders om agteruitgang in die staatsdiens en munisipaliteite te verhoed. Kundige Suid-Afrikaners in Suid-Afrika en die buiteland word volgens die party tans weens regstellende aksie verhinder om dit te doen.[1]

Meer onlangse suksesse van die Vryheidsfront Plus is ’n geding in die Hooggeregshof van Suid-Afrika om Suid-Afrikaners (waaronder baie Afrikaners) wat hulle tans in die buiteland bevind te laat stem. Die hof het in die VF+ se guns beslis en duisende Suid-Afrikaners het hul stemreg teruggekry en kon in die 2009- en 2014-verkiesings in die buiteland stem.

Lid van UNPO[wysig]

Op internasionale gebied het die VF+ as organisasie wat die Afrikaner-minderheid verteenwoordig lidmaatskap gekry by UNPO, die Unrepresented Nations and Peoples Organisation, wat staatlose volke verteenwoordig.

Jeug[wysig]

Die VF+ het ook ’n groeiende en baie aktiewe jeugvleuel onder leiding van Jan van Niekerk en beheer reeds vir ’n aantal jare die universiteitsrade van Pretoria en Bloemfontein en maak vordering by die universiteit van Potchefstroom asook by verskeie tegniese universiteite.

Die politieke ideologie van die VF+ kan onder die volgende hoofpunte saamgevat word:

  • Beywering vir die beskerming en uitbou van Afrikaans en die bevordering van die belange van die Afrikaner
  • Die beywering vir Christelike waardes en die erkenning van die oppergesag van God Drie-enig soos in die Bybel geopenbaar. Dit maak die VF+ naas die ACDP die enigste Suid-Afrikaanse Party wat ’n uitgesproke christelike uitgangspunt het.
  • Die nastreef na afwenteling van mag na gemeenskappe toe en die daarstel van ’n federale of selfs konfederale beleid wat aan Suid-Afrika se diversiteit erkenning gee en die einddoel van ’n eie gebied vir die Afrikaner.
  • Streng wetstoepassing, bekamping van misdaad en die herinstelling van die doodstraf vir besonder ernstige misdade.
  • Erkenning van veeltaligheid in praktyk wat beteken dat daar voorsiening gemaak moet word vir skole en universiteite in ander tale (by name Afrikaans) behalwe slegs Engels.

Verkiesingsresultate[wysig]

Nasionale verkiesings[wysig]

Verkiesing Stemme % Setels
2014[2] Increase2.svg 165,715 Increase2.svg 0.90 Steady2.svg 4
2009 Increase2.svg 146,796 Decrease2.svg 0.83 Steady2.svg 4
2004 Increase2.svg 139,465 Increase2.svg 0.89 Increase2.svg 4
1999 Decrease2.svg 127,217 Decrease2.svg 0.80 Decrease2.svg 3
1994 424,555 2.17 9

Provinsiale verkiesings[wysig]

Verk Oos-Kaap Vrystaat Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo Mpumalanga Noordwes Noord-Kaap Wes-Kaap
% Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels % Setels
2014[2] Increase2.svg 0.31% Steady2.svg 0/63 Increase2.svg 2.10% Steady2.svg 1/30 Decrease2.svg 1.20% Steady2.svg 1/73 Increase2.svg 0.20% Steady2.svg 0/80 Increase2.svg 0.69% Steady2.svg 0/49 Decrease2.svg 0.82% Steady2.svg 0/30 Decrease2.svg 1.72% Increase2.svg 1/33 Decrease2.svg 1.09% Steady2.svg 0/30 Increase2.svg 0.55% Steady2.svg 0/42
2009 Decrease2.svg 0.20% Steady2.svg 0/63 Decrease2.svg 2.01% Steady2.svg 1/30 Increase2.svg 1.63% Steady2.svg 1/73 Decrease2.svg 0.17% Steady2.svg 0/80 Increase2.svg 0.61% Steady2.svg 0/49 Decrease2.svg 0.89% Decrease2.svg 0/30 Increase2.svg 1.81% Decrease2.svg 0/33 Decrease2.svg 1.24% Decrease2.svg 0/30 Decrease2.svg 0.43% Steady2.svg 0/42
2004 0.26% 0/63 2.47% 1/30 1.34% 1/73 0.28% 0/80 0.60% 0/49 2.24% 1/30 1.32% 1/33 1.55% 1/30 0.62% 0/42

Verwysings[wysig]

  1. SA talent, Besoek op 16 Maart 2008
  2. 2,0 2,1 (en) 2014 Nasionale en Provinsiale Verkiesingsuitslae”. OVK. URL besoek op 11 Mei 2014.

Eksterne skakels[wysig]