Orbit Downloader

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Orbit Downloader is 'n gratissagteware program (Engels: freeware) wat omtrent enige lêertipe kan aflaai. Die program kan ook onder Linux werk op die Wine-skakelvlak, wat dit moontlik maak om Windows programme onder Linux te laat loop. Orbit Downloader word gedurig verbeter en verder ontwikkel. Dit besit 'n ingeboude Greper (Grabber: Grab++) wat addisioneel aangeskakel kan word om agtergrondmonitering te doen en selfs geïntegreerde (embedded) Flash Video-lêers van webwerwe soos YouTube, Dailymotion, Metacafe ens. te kan aflaai. Daar is ook 'n forum om rugsteun te verkry, foute te rapporteer en om wense vir verdere ontwikkelings voor te stel.

Orbit Downloader ondersteun die volgende protokolle:

  • HTTP
  • HTTPS
  • FTP
  • Metalink
  • RTSP (Real-Time Streaming Protocol)
  • PNM (hernoem PNM tot RTSP)
  • MMS (Microsoft Media Services)
  • NSS (hernoem NetShow Services tot MMS)
  • RTMP

Orbit Downloader werk met die meeste van die groter webblaaiers soos Opera, Mozilla Firefox, Microsoft Internet Explorer, Maxthon en Netscape.

Eksterne skakels[wysig]