Palestynse Bevrydingsorganisasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf PLO)
Spring na: navigasie, soek
Palestine Liberation Organization
PLO
Logo van die betrokke party.
Vlag van die PLO

Leier Mahmoud Abbas
Gestig 28 Mei 1964[1]
Hoofkwartier Ramallah, Wesoewer[2][3]
Ideologie Palestynse nasionalisme
Sosiaal-demokrasie
Jasser Arafat, voormalige leier van die Palestynse Bevrydingsorganisasie

Die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO), meer bekend onder die Engelse afkorting PLO (Palestine Liberation Organization; Arabies: منظمة التحرير الفلسطينية‎; Munaẓẓamat at-Taḥrīr al-Filasṭīniyyah), is op 28 Mei 1964 gestig. Gamal Abd-el Nasser het 'n belangrike rol in die stigting van die organisasie gespeel. Hulle word dikwels met Hamas, 'n organisasie in Libanon verwar.

Die PBO beywer hom om 'n onafhanklike staat vir die Palestyne te skep. Hulle gebruik onder andere geweld om land wat die Israeli's in 1948 van die Palestyne afgeneem het terug te eis. Verskeie gevegte het al tussen die PBO en die Israeliese weermag plaasgevind.

Van 1993 tot 1998 het die PBO ooreenkomste met Israel aangegaan wat die Palestynse Nasionale Owerheid (PNO) daargestel, en hulle in beheer van dele van Gasa en die Wesoewer geplaas het.[4]

Jasser Arafat was die leier van die PNO. Hy het 'n reeks vredesverdrae met Yitzhak Rabin, die destydse Eerste Minister van Israel onderteken. Hierdie verdrae staan as die Oslo-ooreenkomste bekend. Verskeie PBO-lede en Israeli's was nie hiermee genoeë nie en Rabin is later deur 'n teenstander hiervan vermoor.

Verwysings[wysig]