Wesoewer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart van die Wesoewer

Die Wesoewer (Arabies: الضفة الغربية‎, Hebreeus: הגדה המערבית) is 'n gebied op die westelike oewer van die Jordaanrivier en vorm saam met die Gasastrook die Staat van Palestina. In Desember 2006 het die Wesoewer (en Oos-Jerusalem) 'n bevolking van 2 345 000 gehad. In die Wesoewer is, Ramallah, die hoofstad van Palestina asook Hebron, Betlehem, Jericho en Nablus geleë.