Palmietrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Palmietrivier
Oorsprong Kogelberg, Wes-Kaapprovinsie
Gebied waardeur dit vloei Suid-Afrika

Die Palmietrivier is geleë in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die rivier is tipies van 'n Wes-Kaapse rivier, met 'n reënseisoen in die winter. Dit het 'n klein opvangsgebied van 500km². Dit het vyf besproeiings- en hidro-elektriese damme, en verskaf water vir landbou en industriële doeleindes, asook aan die Kaapstadse munisipaliteit. Die rivier is vernoem na Palmiet (Prionium serratum), 'n tipe riet wat in die rivier groei.

Die Palmietrivierbrug tussen Bettiesbaai en Kleinmond, Wes-Kaap