Pinchas Zukerman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pinchas Zukerman
Geboortenaam (Hebreeus) פנחס צוקרמן
Geboorte 16 Julie 1948
Tel Aviv
Beroep(e) Musikus
Instrument(e) Viool, altviool
Portal.svg Musiekportaal

Pinchas Zukerman (* 16 Julie 1948, Tel Aviv) is 'n Israelse vioolspeler, altvioolspeler, en dirigent wat in April 1998 in die pos as Direkteur van Ottawa se Nasionale Kunstesentrum-orkes aangestel is. Zukerman is in Tel Aviv tot Yehuda en Miriam Lieberman Zukerman gebore. Hy het na die VSA vertrek en aan Juilliard School gestudeer. In 1963 het hy sy debuut in New York Stad gemaak. Hy het in 1966 die Young Concert Artists International Auditions gewen. Vanaf 1980 tot 1987 was hy die direkteur van die St. Paul-kamerorkes in Minnesota.