Queen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Queen
Queen 1984 012.jpg
Queen tydens 'n optrede in Frankfurt in 1984.
Oorsprong Londen (Verenigde Koninkryk)
Genre(s) Rock
Aktiewe jare 1970hede
Uitgewer(s) Parlophone
Hollywood
Webwerf http://queenonline.com/
Lede Brian May
Roger Taylor
Gewese lede John Deacon (afgetree)
Freddie Mercury (oorlede)
Queen logo.svg
Portal.svg Musiekportaal

Queen is 'n Engelse rock-groep wat in 1970 in Londen gestig is deur die kitaarspeler Brian May, sanger Freddie Mercury en tromspeler Roger Taylor. Die groep is in 1971 met John Deacon op baskitaar aangevul. Met tientalle treffers in die jare 1970, '80, '90 en die 2000's is Queen een van die suksesvolste popgroepe in die geskiedenis.[1][2]. Die groep is bekend vir hul musikale veelsydigheid, geslaagde verwerkings en harmonieë en kragtige optredes. Hul optrede tydens Live Aid in 1985 is twintig jaar later in 'n peiling as die beste regstreekse optrede ooit aangewys.[3]

Queen se groot deurbraak was in 1974 met hul treffer Killer Queen en die album A Night at the Opera 'n jaar later. Die groep het altesaam vyftien ateljee-albums, sewe regstreekse albums, twee kortspelers, tien DVD's, verskeie versamelalbums en tientalle enkelspelers uitgereik. Daarnaas het al die groeplede ook hul eie soloprojekte onderneem. Na raming het die groep wêreldwyd meer as 300 miljoen albums verkoop.[4]

Ná Mercury se dood in 1991 het Deacon hom uit die openbare lewe onttrek. May en Taylor werk steeds saam, en sedert 2005 saam met Paul Rodgers onder die naam Queen + Paul Rodgers.

Diskografie[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Queen head all-time sales chart BBC, 16 November 2006
  2. (en) List of best-selling music artists op die Engelstalige Wikipedia
  3. (en) Queen win greatest live gig poll, BBC, 9 Oktober 2005.
  4. (en) Queen proves there's live after Freddie, OhMyNews.com, 25 Januarie 2006.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Queen (bladsy)