Rooivink

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rooivink
Mannetjie in sy broeivere
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Ploceidae
Genus: Euplectes
Spesie: E. orix
Binomiale naam
Euplectes orix
(Linnaeus, 1758)

Die Rooivink (Euplectes orix) is 'n standvoël wat voorkom in Suid-Afrika, Zimbabwe, die noordooste van Botswana, Caprivistrook en sentraal en noord Namibië. In Engels staan die voël bekend as die Southern Red Bishop.

Die mannetjies bou gewoonlik paar neste en lok dan wyfies na die neste deur te sing en met hul helder swart en rooi somergewaad te pronk. In die winter het hulle dowwe, gespikkelde bruin vere.

Voorkoms[wysig]

'n Mannetjie in sy broeigewaad.
Wyfie op 'n Agapanthus.

Die voël is 12 cm lank en weeg tussen 18-29 g. Die broeiende mannetjie is swart en rooi; die voorkroon is swart en die slagvere is bruin. Nie-broeiende mannetjies en wyfies het breë dofgeel wenkbroue, fyn gestreepte borste en bruinerige snawels.

Sien ook[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor:

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 'BirdLife International (2012). “Euplectes orix”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 16 Julie 2012.