Rosa Luxemburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rosa Luxemburg
Rosa Luxemburg

Persoonlike besonderhede
Geboorte 5 Maart 1871
Zamość, Russiese Ryk (tans Pole)
Sterfte 15 Januarie 1919
Berlyn, Republiek van Weimar (tans Duitsland)
Politieke party Proletariese Party
Sosiaal-Demokratiese Party van die Koninkryk van Pole en Litaue
Sosiaal-Demokratiese Party van Duitsland
Onafhanklike Sosiaal-Demokratiese Party
Spartakus-Liga
Kommunistiese Party van Duitsland
Eggenoot/eggenote Gustav Lübeck
Leo Jogiches
Alma Mater Universiteit van Zürich
Religie Judaïsme, later Ateïsme

Rosa Luxemburg (wat volgens haar geboortebewys op 5 Maart 1871 as Rosalia Luksenburg in Zamość, Pole gebore is) was een van die mees belangrike leiers van die Europese arbeidersbeweging en 'n vasbeslote voorstander van die proletariese internasionalisme.

Rosa Luxemburg (regs) en Clara Zetkin in 1910

Sy lewer veral in die Poolse en Duitse sosiaal-demokratiese beweging 'n groot bydrae tot die Marxistiese teorie en tree as 'n baie aktiewe antimilitariste op. As 'n protes teen die Duitse deelname in die Eerste Wêreldoorlog stig sy in 1914 die Gruppe Internationale en word saam met Karl Liebknecht leier van die latere Spartakusbund, wat as opvolger van die Gruppe Internationale optree.

As politieke skryweres gee sy 'n groot aantal essays, wat die beleid van haar tydsperk kritiseer, en ekonomiese analises uit. Sy word later mede-uitgeweres van die linkse koerant Die Rote Fahne.

Teen die einde van die jaar 1918 is sy een van die stigters van die Kommunistiese Party van Duitsland (KPD) en stel sy partyprogram saam. Na die mislukte Spartakus-opstand van 1919 is Rosa Luxemburg saam met Karl Liebknecht op 15 Januarie deur anti-republikeinse Freikorpslede in Berlyn vermoor. Die presiese omstandighede van hierdie politieke moord is nog steeds nie bekend nie.

Rosa Luxemburg se teoretiese en praktiese werk vir die sosialistiese beweging en die internasionale solidariteit van die arbeidersklas en haar optrede teen militarisme en oorlog maak van haar een van die belangrikste politici van die vroeë 20ste eeu, wat ook buite haar party en Duitsland groot erkenning geniet.

Die jaarlikse herdenking van die moord op Rosa Luxemburg en Karl Liebknecht in Berlyn is nog steeds een van die grootste politieke betogings van Duitsland, wat op die tweede Sondag van Januarie plaasvind.

Bronne[wysig]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rosa Luxemburg
  • Feliks Tych: Luksemburg (Rosalia). In: Polski Slownik Biograficzny. T. III/1. Wroclaw 1973 (Pools)
  • I. Jashborowskaja, J. Jewserow: Rosa Luxemburg. Biographische Skizze. Moskau 1974 (Russies)
  • Gilbert Badia: Rosa Luxemburg. Journaliste, Polémiste, Révolutionaire. Paris 1975 (Frans)
  • Aleksander Kochanski: Róza Luksemburg. Warschau 1976 (Pools)
  • Richard Abraham: Rosa Luxemburg. A life for the International. Oxford 1989 (Engels)
  • Elzbieta Ettinger: Rosa Luxemburg. Ein Leben. (Duits)
  • Norman Geras: Rosa Luxemburg. Kämpferin für einen emanzipatorischen Sozialismus. London 1976 (Duits)
  • Donald E. Shepardson: Rosa Luxemburg and the Noble Dream. Peter Lang Publications Incorporated, New York 1996, ISBN 0-8204-2739-X (Engels).