SS Nomadic (1911)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
SS Nomadic in 1911

SS Nomadic is 'n stoomskip van die Britse redery White Star Line wat op 25 April 1911 in Belfast te water gelaat is. Die skip is oorspronklik as 'n tenderboot vir die RMS Olympic en die RMS Titanic gebou en die enigste skip van White Star Line wat tot vandag toe bewaar gebly het.