Slag van die Rio de la Plata

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Slag van die Rio de la Plata
Deel van Tweede Wêreldoorlog
HMS Achilles (70).jpg
Die Slag van die Rio de la Plata
Datum 13 Desember 1939
Ligging Langs die monding van die Río de la Plata in Argentinië en Uruguay, Atlantiese Oseaan
Resultaat Oorwinning vir die Britse Statebond[1]
Strydende partye
Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Bevelvoerders
Vlag van Nazi-Duitsland Hans Langsdorff (selfmoord) Vlag van Verenigde Koninkryk Henry Harwood
Sterkte
Een dwergslagskip Een swaar kruiser
2 ligte kruisers
Ongevalle
Een dwergslagskip vlug en sink haarself
36 dood
60 gewond
Een swaar kruiser erg beskadig
Twee ligte kruisers beskadig
72 dood
(Achilles 4, Ajax 7,
Exeter 61)
28 gewond

Die Slag van die Rio de la Plata het op 13 Desember 1939 plaasgevind naby Montevideo in die suidwes Atlantiese Oseaan.

Seeslag[wysig]

Nadat die Admiral Graf Spee, onder beheer van Kaptein Langsdorff, verwoesting gesaai het onder die Geallieerdes se handelsvloot in die suidelike Atlantiese Oseaan het Langsdorff slagoffers gaan soek op die handelsroete van Suid-Amerika. Op die oggend van 13 Desember 1939 word Graf Spee gewaar deur die skepe HMS Ajax, HMS Exceter en HMS Achilles van die Britse Vloot onder leiding van Kommandoor Henry Harwood. 'n Geveg begin en na 35 minute word die Exceter uit aksie gestel deur die Admiral Graf Spee se 11-duim kanonne. Maar die Exceter se 8-duim kannonne het ook skade aan die Graf Spee aangerig en Langsdorff gaan soek skuiling in die neutrale hawe van Montevideo met die Ajax en Achilles op sy hakke.

Die neutrale regering van Uruguay verleen egter net 72 uur aan Langsdorff vir herstelwerk. Intussen het die Britte via Diplomatieke kanale Langsdorff onder die indruk gebring dat daar 'n groot Britse taakmag opgedaag het en net buite die hawe vir hom wag. Na drie dae vaar die Graf Spee uit die hawe en word deur die bemanning gesink in die riviermonding. Langsdorff pleeg drie dae later selfmoord.

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. O'Hara 2004, p. 7.
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Koördinate: 32°S 47°W