Slimfoon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Optimus G Pro, 'n slimfoon wat deur die Suid-Koreaanse vervaardiger LG ontwikkel is

'n Slimfoon is 'n tegnologies gevorderde selfoon wat mobiele kommunikasie met die rekenkrag van 'n tabletrekenaar en internettoegang verbind en as mediaspeler, digitale kamera en GPS-navigasietoestel gebruik kan word. Baie moderne slimfone word met hoë resolusie-raakskerms toegerus waarop sowel standaard-webblaaie asook webblaaie, wat vir mobiele toestelle geoptimaliseer is, vertoon kan word. Internettoegang word deur mobiele breëbanddienste of draadlose netwerke verskaf.

Tans is 'n verskeidenheid vrye en kommersiële bedryfstelsels vir slimfone beskikbaar, waaronder Google se Android, Apple Inc. se iOS en Microsoft se Windows Phone.