Sutherland, Nieu-Suid-Wallis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sutherland se vermaaksentrum.

Sutherland is 'n woonbuurt in die suide van Sydney in die staat Nieu-Suid-Wallis, Australië. Dit is sowat 26 kilometer suid van Sydney se sakekern en is ook die administratiewe setel van die plaaslike regeringsgebied Sutherland Shire.

Nywerheidsgebied[wysig]

Sutherland is hoofsaaklik 'n woonbuurt met 'n winkelsentrum wat naby die Sutherland-treinstasie geleë is. Sommige kommersiële ontwikkelings is ook langs die Princess-snelweg geleë. As die administratiewe setel van Sutherland Shire het die woonbuurt geriewe soos 'n algemene vermaaksentrum waar onder meer inhuldigingseremonies vir nuwe burgers plaasvind, 'n gemeenskapsentrum, plaaslike regeringskantore en 'n groot sentrale biblioteek. Die Woronora-begraafplaas is aan die westelike grens van die woonbuurt geleë.

Vervoer[wysig]

Sutherland is 'n aansluitingspunt op die Illawarra-lyn van City Rail se spoornetwerk. Die hooflyn loop suid na Waterfall en Wollongong en noord na die middelpunt van Sydney met 'n vertakking wat van dié woonbuurt na die ooste in Cronulla se rigting loop.

Veolia Transport het 'n busterminaal in Sutherland aan albei kante van die Sutherland-treinstasie. Dienste aan die oostekant van die stasie verbind Westfield Miranda, Gymea, Kirrawee en Grays Point met mekaar. Dienste aan die westekant verbind Loftus, Engadine, Heathcote, Menai, Illawong, Padstow, Bankstown en Woronora met mekaar.

Eksterne skakels[wysig]