Swart week

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Swart week (Engels: Black Week; Afrikaans en Nederlands:Triomfweek) verwys na 'n moeilike week vir die Britse magte tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 10 tot 15 Desember 1899. Die Britte het 'n reeks nederlae gelei by Magersfontein, Stormberg en Colenso.

By die Slag van Stormberg op 10 Desember, het die Britse Generaal Sir William Gatacre in bevel van 3 000 troepe om die Boer invalle in die Kaap Kolonie te verjaag, probeer om 'n spoorweg aansluiting omtrent 50 myl (80 km) suid van die Oranjerivier te buit. Maar Gatacre het gekies om die Oranje-Vrystaat boere posisies aan te val deur teen 'n styl rotshang op te klim. Hy verloor 135 dood en gewonde soldate as ook twee kanonne en meer as 600 troepe word deur die boer as krygsgevangenes in hegtenis geneem.

By die Slag van Magersfontein op 11 Desember het 14 000 Britse troepe onder bevel van Luitenant-Generaal Methuen probeer om hulle weg oop te veg om Kimberley te bevry. Die Boere aanvoerder, Generaals Koos de la Rey en Piet Cronje, het egter 'n plan bedink waarvolgens loopgrawe op 'n ongewone plek gegrawe is om die Britte te flus en die boere skutte groter vuurreik te gee. Die plan het gewerk. Die Britte is beslissend verslaan met 120 Britse soldate dood en 690 gewond, wat hulle daarvan verhoed het om die beleërings van Kimberley en Mafeking te beëindig.

Maar die laagtepunt van Swart-week vir die Britte was die Slag van Colenso op 15 Desember waar 21 000 Britse troepe, onder die bevel van Redvers Buller probeer het om die Tugelarivier oor te steek om Ladysmith te bevry waar 8 000 Transvaalse Boere, onder bevel van Louis Botha hulle ingewag het. Deur 'n kombinasie van artillerie en akkurate geweervuur het die Boere die Britse pogings om die riviere oor te steek suksesvol beveg. Die Britte het 'n verder 1 127 ongevalle gely. Verder is hulle tydens die terugval gedwing om 10 kanonne agter te laat wat die Boere gebuit het nadat hule slegs 40 ongevalle ervaar het.