Ladysmith

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ladysmith
Sentrale besigheidsdistrik
Sentrale besigheidsdistrik
Ligging van Ladysmith op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Ladysmith
Ladysmith
Koördinate: 28°33′35″S 29°46′50″O Koördinate: 28°33′35″S 29°46′50″O
Land Suid Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit Uthukela
Plaaslike Munisipaliteit Emnambithi-Ladysmith
Gestig 1850
Bevolking (2011)
 - Dorp 64 855
 - Digtheid 770/km² (1 994,3/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 3370
Skakelkode(s) 036
Webwerf: ladysmith.kzn.org.za

Ladysmith is 'n groot dorp aan die oewer van die Kliprivier, in die uThukela-Distrik van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is 230 km noordwes van Durban en 365 km suid van Johannesburg.

Geskiedenis[wysig]

In 1847 het 'n aantal Voortrekkers hulle in die gebied gevestig en die dorp is in 1850 gestig as die hoofstad van die Republiek van Kliprivier met Andries Spies as hulle kommandant. Die republiek is in dieselfde jaar reeds deur die Britte geannekseer. Die dorp is vernoem na Juana Maria de los Delores de Leon Smith, wat ook bekend gestaan het as Lady Smith, die Spaanse vrou van Sir Harry Smith, die Goewerneur van die Kaapkolonie. 'n Fort is in 1879 gebou om die dorpenaars teen die Zoeloes te beskerm.

Tweede Vryheidsoorlog[wysig]

Ladysmith het wêreldbekendheid verwerf met die draai van die vorige eeu toe dit vir 118 dae, van 2 November 1899 tot 28 Februarie 1900, tydens 'n deurslaggewende stadium van die Tweede Vryheidsoorlog, deur magte van die ZAR en Oranje-Vrystaat beleër is. 3 000 Britse soldate het tydens die beleg omgekom. Daar was vier veldslagte geveg om Ladysmith te bevry. Die Britte verloor agtereenvolgens die slagte van Colenso, Spioenkop en Vaalkrans alvorens hulle uiteindelik by Pietershoogte deurbreek om Ladysmith te bevry.

Ekonomie[wysig]

Belangrike nywerhede in die gebied sluit in voedselverwerking, tekstiel en die vervaardiging van motorbande.

Geografie[wysig]

Vloede[wysig]

Sedert die stigting van die dorp is dit gereeld deur vloedwater van die Kliprivier geteister. in 1997 is die Qedusizi-dam voltooi as 'n vloedverswakkingsdam. Die Zoeloenaam van die dam beteken “einde van lyding”. Die Spioenkop-natuurreservaat is 25 km van Ladysmith geleë.

Besienswaardighede[wysig]

Tweede Vryheidsoorlog monumente en gedenktekens[wysig]

Platrand/Wagon Hill[wysig]

Imperial Light Horse gedenkteken op Platrand
Die Burger gedenkteken
Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media verwant aan: Platrand gedenktekens

Aan die suidekant van Ladysmith is 'n area wat aksie gesien het gedurende die beleg van Ladysmith. Die Burger Gedenkteken op Wagon Hill was onthul ter ere van die Boere magte wat gedurende die beleg en bevryding van Ladysmith gesneuwel het.

Op Platrand is daar 'n gedenktekens vir Imperial Light Horse, die Devonshire Regiment, die Earl of Ava en ander.

Spioenkop[wysig]

Britse gedenkteken op Spioenkop
Besoekers inligting op Spioenkop
Hoofartikel: Slag van Spioenkop.
Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media verwant aan: Spioenkop gedenktekens

Die groot slagveld ongeveer 30km buite Ladysmith bevat die grafte van Britse soldate en gedenktekens, onder andere 'n Boere gedenkteken, Britse gedenkteken, South Lancashire gedenkteken en Imperial Light Infantry gedenkteken.

Castor et Pollux[wysig]

Twee RML 6.3 duim kanonne wat deur die Britse magte gebruik was tydens die beleg staan vandag voor die stadssaal.

Mohandas Gandhi standbeeld[wysig]

'n Standbeeld van Mohandas Gandhi kan gesien word in die Lord Vishnu tempel.

Trivia[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Ladysmith (kategorie)