TerminalFour

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
TERMINALFOUR Solutions Ltd.
Tipe Maatskappy
Gestig 1996
Hoofkantoor Dublin, Ierland
Industrie Sagteware
Produkte Inhoudsbestuurstelsels
Webwerf http://www.terminalfour.com

TerminalFour is 'n ontwikkelaar van internet inhoudsbestuurstelsels (CMS), met hoofkantoor in Dublin, Ierland. Volgens die Irish Times koerant, is TerminalFour die nommer een verskaffer van inhoudsbestuurstelsels aan die Ierse publieke sektor.[1]

Maatskappy Geskiedenis[wysig]

TerminalFour is in 1996 gestig deur Piero Tintori, as 'n student aan die Dublin City Universiteit. Die maatskappy het hoofsaaklik in die Ierse mark meegeding, totdat 'n €320 000 belegging van die Davy BES fonds in 2002 TerminalFour aan die UK mark blootgestel het, ten spyte van die dotcom-krisis.[2]Die maatskappy het genoeg sukses behaal teen April 2008, om 'n verdere uitbreiding na Europa, Amerika en die Midde-Ooste aan te kondig.[3][4] TerminalFour het in dieselfde jaar projekte vir die Ministerie van Informasie Bahrain, Oxford Universiteit en Heritage Ireland voltooi.[5][6]

Aktiwiteite[wysig]

TerminalFour se hoofproduk is Site Manager. Volgens Tintori, is Site Manager spesifiek bruikbaar vir tersiêre onderwys institute a.g.v die feit dat dit op 'n ope platform (open platform) gebaseer is.[3] Die huidige weergawe is Site Manager 6, en is in September 2007 aan die publiek bekendgestel.[7] Die maatskappy verskaf ook eForms[5] funksionaliteit.

TerminalFour is ook aktief in die publieke sektor, maatskappye met veeltalige inhoud en die finansiële sektor.[5]

Toekennings[wysig]

TerminalFour het vir die laaste ses jaar in die [8]Deloitte Technology Fast 50 lys verskyn.

Verwysings[wysig]

  1. "TerminalFour does heritage website", Irish Times, Irish Times Trust, 29 Augustus, 2008. URL besoek op 2008-09-11.
  2. CIÁRAN BRENNAN. "Mastering web content management", Irish Times, Irish Times Trust, 23 Mei, 2008. URL besoek op 2008-09-11.
  3. 3,0 3,1 Dick O'Brien. "Terminal Four to spend €3m on expansion", The Sunday Business Post, Post Publications Ltd, 20 April, 2008. URL besoek op 2008-09-11.
  4. Deidre McArdle. "TerminalFour creates 20 new jobs", ENN, Electricnews.net Ltd, 15 April, 2008. URL besoek op 2008-09-11.
  5. 5,0 5,1 5,2 Emma Kennedy. "TerminalFour to continue work with UN", The Sunday Business Post, Post Publications Ltd, 31 Augustus, 2008. URL besoek op 2008-09-11.
  6. Deidre McArdle. "TerminalFour Nets University Deals", ENN (Dublin), Electricnews.net Ltd, 15 Julie, 2008. URL besoek op 2008-09-11.
  7. David Dahlquist. "TERMINALFOUR Aims to Please International Audience", CMSwire.com, Simpler Media Group, LLC, 28 September, 2007. URL besoek op 2008-09-11.
  8. Deloitte Technology Fast 50 Awards (http://www.deloitte.com/dtt/leadership/0,1045,sid%253D3040,00.html)