Thomas Crapper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Thomas Crapper.

Thomas Crapper (geb. 28 September, 1836; oorl. 27 Januarie, 1910) was 'n loodgieter en oprigter van Thomas Crapper & Co. Ltd. in Londen.

Ten spyte van alle legendes, het Crapper nie die moderne spoeltoilet uitgevind nie. In die ou tyd was dit gebruiklik dat 'n loodgieter sy naam aan 'n produk ontleen al was hy self nie die uitvinder daarvan nie. Crapper het wel enkele patente gehad wat tot op hede nog bestaan en in gebruik is. Crapper het baie werk vir die koninklike familie gedoen. Die woord 'crap' was al in die 16e eeu in die Engelse taal in gebruik gewees. Dit is 'n Nederlandse leenwoord: "krappe" wat "kaf" beteken.