Tunguska-M1

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die "Toenghoeska" lugverdedigingstelsel. Foto van Field Artillery Magazine.

Die 2K22M Tunguska-M1 (Russiese 2K22 "Тунгуска" - Toenghoeska Rivier) is 'n Russies vervaardigde, alles-in-één lug-tot-grond artillerie/missiel-stelsel wat met rusperbande aangedryf word. Dit het ten doel om vliegtuie, helikopters, en bomme neer te skiet ongeag die weersomstandighede, dag of nag. Die stelsel word hoofsaaklik gebruik om infanterie(voertuie) en konvooie te beskerm. Die stelsel word uitgeken aan sy GRAU nommer 2K22M, maar die vervoermiddel self is 'n 2S6M. Die Toenghoeska-stelsel bestaan uit 'n 30mm-dubbelloop lugafweer artillerie kannon plus 4 of 8 kortafstand missiele. Die NAVO-gelyke is die Duitse Gepard lugafweer artillerie met die verskil dat die Gepard met geen missile toegerus is nie.

'n Enkele Toenghoeska-stelsel kos ongeveer 8 miljoen USD.

Ontwikkeling[wysig]

Die stelsel se ontwikkeling is in 1970 begin met die bedoeling om die ZSU-23-4 te vervang. Die eerste Toenghoeska's was eers toegerus met 4 missiele maar dit is later uitgebrei om 8 missiele te ontplooi.

Die Toenghoeska is ontwikkel om byvoorbeeld helikopterverassingsaanvalle, soos wanneer 'n Rooivalk agter 'n koppie verskuil en plotseling 'n missiel afvuur, oombliklik teen te kan staan.

In 1982 was die Toenghoeska-stelsel operasioneel gereed verklaar maar word eers in 1986 operasioneel ontplooi.

Beskrywing[wysig]

Die voertuigonderstel word ook gebruik op die Buk-1M (NAVO:SA-11 Gadfly) en [[SA-15|Tor-M1 (NAVO:SA-15)]]. 'n Toenghoeska word deur 'n gesagvoerder, radarbediening/kannonier en drywer beman. Agter op die geskutskoepel is 'n J-band 1RL144M volgradar (NAVO:Hot Shot) met 'n ontvangssterkte van 18km. Dit kan teikens identifiseer wat op 15m vlieg. Die radar is toegerus met 'n C/D-band IFF met die GRAU-kode 1RL138.

Die stelsel kan bewegend skiet maar om die missiele te lanseer moet die stelsel staties wees. Die stelsel kan volledig outomaties teikens aanval, semi-outomaties met die radar wat inligting beskikbaar stel aan die kannonier, of deur 'n optiese metode, waar die radar die afstandsinligting voorsien.

Die 9M311 (NATO: SA-19/SA-N-11) missiele van die stelsel is dieselfde as die CIWS Kashtan, dit word opties gelanseer maar radar stuur die missiele verder.

In gebruik deur[wysig]

Kenmerke[wysig]

  • Gevaargebied
    • Missiel: 2.4 tot 8.0 km (10 km met 'n 9M311-1M missiel)
    • Kannon: 0.2 tot 4.0 km
  • Gevaargebied op hoogtes
    • Missiel: 150 tot 3500 m
    • Kannon: 0 to 4000 m
  • Gewaarwording en reaksietyd 8 sekondes
  • Maksimale teikenspoed: 500 m/s
  • Voertuiggewig: 34,000 kg
  • Lengte: 7.93 m
  • Breedte: 3.24 m
  • Hoogte:
    • Radar in gebruik: 4.01 m
    • Radar slaapstand: 3.36 m
  • Padspoed: 65 km/h
  • Motore: V-46-4 780 hp met turboaangejaagde V-12 waterverkoeling van 'n 4 tak diesel.
  • Bemanning: 4
  • Kannonammunisie: 2 x 2 x 30 mm 2A38M (1904 rondes)
    • Skietsnelheid: 4,800 rpm
    • Beweeglikheid: +87 tot -10 grade
  • Missiele: 8 x 9M311 SAM (Geleidingstelsel semi-outomaties, radiogestuurd, met optiese sigveld.

Inligting webwerwe[wysig]

Naslaanwerk[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Tunguska-M1 (kategorie)