Vietnam Airlines

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vietnam Airlines
Vietnam Airlines A330-200 VN-A376 MEL 2011-7-16.png
IATA-kode: VN
ICAO: HVN
Roepsein: VIETNAM
Gestig: 1996
Ondernemingsvorm: Beperkte maatskappy
Hoofkwartier: Hanoi, Ho Chi Minh City
Hooflughawe: Tan Son Nhat Lughawe
Voorsitter: Pham Ngoc Minh
Passasiers 9,05 miljoen per jaar
Werknemers 9 000
Omset:
Balansstaat:
Bonusprogram: Voyager
Alliansie: SkyTeam
Bestemmings: 52[1]
Vloot: 88 (uitsluitend vragvliegtuie)
Webtuiste: www.vietnamairlines.com
'n Vietnam Airlines Airbus A321-200 op Singapoer Changi Lughawe in 2010

Die Viëtnam Lugdiens Maatskappy Beperk[2] (Viëtnamees:Tổng Công ty Hàng không Việt Nam, Engels: Vietnam Airlines Company Limited), is Viëtnam se grootste binnelandse sowel as buitelandse lugredery, wat handeldryf onder die naam Vietnam Airlines. Die maatskappy word bedryf vanaf die Long Bien distrik van Hanoi met sentrums by die Noi Bai Internasionale Lughawe, Da Nang Internasionale Lughawe en Tan Son Nhat Internasionale Lughawe.

Die maatskappy het ontstaan in 1956 as Vietnam Civil Aviation. In April 1989 was dit opgeneem as 'n staatsonderneming, daarna, in 1996, was Viëtnam Lugdiens gestig onder sy huidige naam toe dit 'n paar ander diensmaatskappye bymekaar gebring het. Die maatskappy word bedryf deur 'n bestuursraad van sewe lede, wat gekies word deur die Viëtnamese Eerste Minister.[3]

Viëtnam Lugdiens besit 100% van Vietnam Air Service Company (VASCO) - 'n plaaslike lugdiens van suidelike Viëtnam en 49% van Cambodia Angkor Air.

In 2010 het Viëtnam Lugdiens 'n lid geword van SkyTeam, 'n lugdiens-alliansie.

Vloot[wysig]

Viëtnam Lugdiens se vloot bestaan uit die volgende vliegtuie (Desember 2013):

Verwysings[wysig]

  1. Vietnam Airlines Route Map”. Vietnam Airlines: 2010. URL besoek op 2 April 2010.
  2. (en) Nguyen, Binh (25 Junie 2010). “Vietnam Airlines becomes limited liability company”. The Saigon Times. URL besoek op 27 June 2010.
  3. Doing Business in Vietnam”. 17 Maart 2008. URL besoek op 6 Maart 2010.

Eksterne Skakels[wysig]