Wikipedia:Welkom nuwelinge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Contactus-wmcolors.png

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia, die gewildste Afrikaanse aanlyn ensiklopedie!

Die Afrikaanse Wikipedia is in Desember 2001 begin, en maak deel uit van Wikipedia, 'n gemeenskapsprojek met die doel om in elke taal 'n volledige ensiklopedie te skep. Dis gratis om Wikipedia te gebruik om inligting te soek, én om inligting by te voeg. Tans is daar 31 036 Afrikaanse artikels.

Wikipedia word heeltemal deur vrywilligers uit die publiek uit (mense soos jy) geskryf en onderhou. Hulle het nie spesiale kwalifikasies of ondervinding nie, maar slegs 'n begeerte om 'n goeie gratis Afrikaanse ensiklopedie op te bou. Kom dra ook asseblief jou kennis en hulp by - dit is makliker as wat jy dink - sodat ons Wikipedia nog verder kan verbeter.

Stap vir stap gids[wysig]

Is daar 'n onderwerp wat jou interesseer? Het jy kundigheid op 'n vakgebied? Of hinder 'n fout in 'n artikel jou? Hierdie stap-vir-stap gids leer jou hoe om Wikipedia artikels te wysig, en hoe om nuwe artikels te skep.

Hoe om 'n artikel te wysig[wysig]

Veronderstel dat jy die artikel Tennis wil wysig. Volg hierdie stappe:

Stap 1: Gaan na die artikel toe

Stap 2: Klik op die Wysig skakel

Na aan die regterkantste boonste hoek van elke bladsy, en net links van die soekboksie, is daar 'n skakel Wysig. Klik op hom.

Wysig.png

Stap 3: Skryf aan die artikel

Nadat jy op Wysig geklik het, gaan daar 'n nuwe blad laai met die titel Besig om Tennis te Wysig. Net onderkant hierdie titel is daar 'n groot teksboks wat die inhoud van die artikel bevat. Jy kan in hierdie teksboks skryf. Dit is hoe mens artikels se inhoud verander. Enige teks wat jy hier toevoeg gaan in die artikel verskyn.

Klik op beeld vir 'n groter weergawe

Wikipedia het ook 'n manier om die artikel se styl aan te dui. Wil jy 'n woord in vetskrif skryf? Plaas dan drie afkaptekens voor die woord, en drie afkaptekens direk na hom. Wil jy hom in kursief skryf? Plaas dan twee afkaptekens voor hom, en twee direk na hom. Daar is 'n hele reeks sulke tekens wat gebruik kan word, maar in die begin hoef jy jou nie daaroor te bekommer nie.

Stap 4: Stoor die artikel

As jy klaar met al jou veranderings is, gaan dan na die heel onderkant van die bladsy toe. Daar is 'n skakel Stoor bladsy. Klik op hom.

Stoorbladsy.png

Veels geluk, jy het 'n nuwe bydra tot Wikipedia gelewer.

Hoe om 'n nuwe artikel te skep[wysig]

Veronderstel dat jy baie graag die artikel Handskoen wil skryf:

Stap 1: Maak seker die artikel bestaan nie reeds nie

Gebruik die soek-funksie (die soekboksie is in die regterkantste boonste hoek van die webblad) om na die artikel te soek. As hy nie bestaan nie, dan sal daar 'n bladsy laai met die titel Soekresultate. Daar sal 'n boodskap wees wat sê: U mag die bladsy "Handskoen" op hierdie wiki skep, maar oorweeg dit om die soekresultate hieronder na te gaan om te bevestig of die onderwerp nie al reeds in 'n bestaande artikel gedek word nie.

Klik op beeld vir 'n groter weergawe

Stap 2: Skep die nuwe artikel

Let op dat die woord Handskoen in die sin hierbo in rooi geskryf is. Om die nuwe artikel te skep is eenvoudig: klik net op die rooi skakel Handskoen. Dit is 'n algemene reël op Wikipedia: klik op rooi skakels om nuwe artikels te skep.

HandskoenRooi.png

Stap 3: Skryf aan die artikel

'n Nuwe blad gaan laai, met die titel Besig om Handskoen te skep. Jy sal opmerk dat daar 'n groot teksboks op die bladsy is. Jy gaan die artikel in hierdie teksboks skryf. Op die oomblik is die teksboks nog leeg, so kom ons skryf die onverbeterlike sin ’n Handskoen is ’n kledingstuk waarmee mense hulle hande bedek in hom.

Klik op beeld vir 'n groter weergawe

Stap 4: Stoor die artikel

As jy klaar is, gaan dan na die heel onderkant van die bladsy toe, en klik op Stoor bladsy.

Stoorbladsy.png

Veels geluk! Jy het 'n nuwe artikel geskep. Hy lyk so:

Klik op beeld vir 'n groter weergawe

Meer Inligting[wysig]

Daar is heelwat inligting en riglyne om nuwelinge te help. Veral die volgende kan van nut wees:

  • Gebruikersportaal - Heelwat skakels na verskeie dele van die projek, maniere om betrokke te raak, ens. Die skakel is ook links op die skerm as deel van elke blad (onder "navigasie"). Hierdie is waarskynlik die plek wat die beste aanvanklike uitleg gee van blaaie waarin redigeerders sal belangstel.
  • Onlangse wysigings - Hier kan mens wysigings dophou en sien presies wat elkeen op die lys verander het aan 'n betrokke blad. Dit kan waardevol wees om hierdie wysigings dop te hou - so leer mens die konvensies en kry dalk ook 'n nuttige wenk of twee.
  • Geselshoekie - Plek om algemene vrae te vra, idees voor te stel, ens. Dit is waarskynlik die bymekaarkomplek met die meeste aktiwiteit. Hou dit gerus dop!
  • Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel - Dis soms nuttig om iets van alles te weet, in plaas van alles oor iets. Hierdie bladsy bied 'n oorsig oor die skryf van 'n nuwe artikel, met skakels na ander nuttige hulpbladsye.
  • Elke blad het 'n besprekingsblad. Daar kan spesifieke vrae of opmerkings vir 'n blad of gebruiker gelos word. Bo-aan elke blad is daar 'n skakel "bespreking" waar die artikel bespreek kan word. 'n Gebruiker se besprekingsblad kan gebruik word om 'n boodskap vir 'n spesifieke gebruiker te los.
HoemaakmensStap 1a.png

Stap 1: Klik op Wysig. Kry dit bo-aan die bladsy of langs elke kleiner opskriffie van die artikel (indien jy slegs daardie deeltjie wil verander, soos in die volgende stap in die foto gewys word).

HoemaakmensStap 2.png

Stap 2: Sê jou sê. Skryf, brei uit, vertaal uit ander Wikipedia's (soos Engels of Nederlands) of maak spelfoute reg.

HoemaakmensStap 3.png

Stap 3: Gebruik die nutsbalk (toolbar) om woorde in vetdruk (bold), skuinsskrif (italics) of as opskrifte (tussen =-tekens) te skryf waar nodig.

HoemaakmensStap 4.png

Stap 4: Het jy dalk iets nuuts bygeskryf? Waar kry jy daardie inligting vandaan? As jy kan, skryf langs jou sin of paragraaf
punthakie (<), ref , punthakie (>),
gevolg deur die bron, boek (met skrywer, jaar van publisering, uitgewer en bladsynommer) of webadres
en dan punthakie (<), skuinsstreep (/) ref en punthakie (>).
So kan almal dan daardie webbladsy, boek of tydskrif gaan lees om die onderwerp beter te begryp.

Soms sal 'n rooi foutboodskap opduik nadat jy klaar is met Stap 5. Dan skryf jy net heel onder aan die artikel krulhakie ({), krulhakie ({), verwysings en dan weer krulhakie (}) en krulhakie (}).
Probleem opgelos.

HoemaakmensStap5a.PNG

Stap 5:Druk die Wys voorskou-knoppie, heel onder aan die bladsy, sodat jy kan kyk of alles na jou smaak is.

HoemaakmensStap6a.PNG

Stap 6: Tevrede? Klik die Stoor bladsy-knoppie, heel onder aan die bladsy.

Stap 7: Brand jy vas? Skryf vir ons by Geselshoekie.

Oriëntasie[wysig]

Daar is heelwat inligting en riglyne om nuwelinge te help. Veral die volgende kan van nut wees:

  • Gebruikersportaal - Heelwat skakels na verskeie dele van die projek, maniere om betrokke te raak, ens. Die skakel is ook links op die skerm as deel van elke blad (onder "navigasie"). Hierdie is waarskynlik die plek wat die beste aanvanklike uitleg gee van blaaie waarin redigeerders sal belangstel.
  • Onlangse wysigings - Hier kan mens wysigings dophou en sien presies wat elkeen op die lys verander het aan 'n betrokke blad. Dit kan waardevol wees om hierdie wysigings dop te hou - so leer mens die konvensies en kry dalk ook 'n nuttige wenk of twee.
  • Geselshoekie - Plek om algemene vrae te vra, idees voor te stel, ens. Dit is waarskynlik die bymekaarkomplek met die meeste aktiwiteit. Hou dit gerus dop!
  • Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel - Dis soms nuttig om iets van alles te weet, in plaas van alles oor iets. Hierdie bladsy bied 'n oorsig oor die skryf van 'n nuwe artikel, met skakels na ander nuttige hulpbladsye.
  • Elke blad het 'n besprekingsblad. Daar kan spesifieke vrae of opmerkings vir 'n blad of gebruiker gelos word. Bo-aan elke blad is daar 'n skakel "bespreking" waar die artikel bespreek kan word. 'n Gebruiker se besprekingsblad kan gebruik word om 'n boodskap vir 'n spesifieke gebruiker te los.

Die belangrikste reëls[wysig]

  • Sien gerus die artikels oor ons beleid.
  • Hou die artikels maar Afrikaans! Daar bestaan ook 'n Nederlandse Wikipedia, Engelse Wikipedia, en 'n klomp anderstalige Wikipedias waarin bydraes in daardie taal gelewer kan word. (Vir besprekings gebruik ons ook ander tale).
  • Probeer sover as moontlik Standaardafrikaans gebruik, wat beteken dat gereedskap soos 'n woordeboek, die HAT en Afrikaanse woordelys en spelreëls baie handig te pas gaan kom! Gebruik ook vakwoordeboeke, waar moontlik.
  • Probeer objektief wees — d.w.s., geen reklame, propaganda, of kru taal nie, asseblief!
  • Gebruik of skep eie werk. Die gebruik van inhoud vanaf ander bronne sonder toestemming bring vir Wikipedia geregtelike probleme. Die Wikipedia's van andere tale kan vrylik gebruik word aangesien die GNU/FDL-lisensie mens die vryheid verleen om dit te doen.
  • Skryf so ensiklopedies as moontlik. Sorg dat die artikel, hoe klein ook al, in hierdie ensiklopedie pas deur goeie en gepaste taalgebruik, inhoud en uitleg. Maar moenie dat voorgenoemde jou ontmoedig nie — voel vry om enige bydrae te lewer, wat deur al die besoekers hier verander en poleer kan word.

'n Paar wenke[wysig]

  • 'n Rooi skakel beteken daar bestaan nog nie inligting oor daardie onderwerp nie, en dit is jou uitnodiging om 'n nuwe bladsy te begin oor die onderwerp. As jy iets oor hierdie nuwe onderwerp wil bydra, klik eenvoudig op die rooi teks en skryf oor die onderwerp. Indien dit 'n algemene onderwerp is, soek eers deur die Wikipedia of daar nie dalk reeds 'n artikel onder 'n ander naam bestaan nie.
  • Aan die linkerkant van die skerm is 'n soekveld, waarin jy teks kan intik om deur die bestaande onderwerpe te soek.
  • Hou aan die linkerkant van die skerm ook Onlangse wysigings dop: vir outeurs is dit 'n belangrike blad. Daar is jou geleentheid om te help poleer aan nuwe werk, asook om leemtes te sien wat gevul kan word.
  • Wanneer jy aan 'n bladsy werk, vul die Opsommingveld in met 'n kort, saaklike beskrywing van wat jy verander het.
  • Gebruik die "Wys voorskou"-knop om 'n idee te kry hoe die bladsy gaan lyk voordat jy hom stoor.
  • Die eerste karakter van elke nuwe lyn is belangrik — sien 'n kort oorsig van teksuitleg.
  • Gebruik dubbele vierkantige hakies om na 'n [[onderwerp]] te skakel. 'n Onbekende onderwerp sien jy as onderwerp, terwyl bestaande skakels soos onderwerp lyk.
  • Gebruik die besprekingsblad om oorleg met ander skrywers te pleeg, of om (moontlik drastiese) veranderings voor te stel. Onderteken jou voorstel met ~~~~.

Algemeen[wysig]

Duisende mense met 'n goeie dosis gesonde verstand dra by tot die totale Wikipedia in verskillende tale. Tans bestaan honderde Wikipedias waaraan geskryf en verbeter word. Enige besoeker kan daarby inval en saamwerk. Jy hoef nie noodwendig 'n naam te kies en daarmee aan te teken nie, maar ons probeer 'n gemeenskap hier bou waar almal mekaar leer ken (al is dit dan onder 'n skuilnaam) en daarom sal ons dit verwelkom. Kliek op 'n onderwerp wat jou interesseer, waarvan jy iets weet, en voeg iets by, maak 'n spelfout reg, of skryf 'n mooi artikel — 'n uitstekende geleentheid om jou eie kennis ook te verbeter!

Kom gereeld hierlangs — hoe meer bydraes jy lewer, hoe meer verantwoordelik voel jy oor hierdie unieke projek. Maar weereens, voel in die eerste plek vry. Werk op Wikipedia kan 'n genotvolle besigheid wees en baie vervulling bring.

Dit is ook belangrik om te weet dat Wikipediane onderling afgespreek het op 'n paar norme wat in gedagte gehou moet word:

  1. Ons probeer om nie te argumenteer nie; in oorleg met mekaar soek ons die oplossing, en juis daarvoor is die besprekingsbladskakel bo-aan elke blad.
  2. Ons probeer artikels so objektief as moontlik hou. Dit beteken dat Wikipedia nie die plek is om jou eie oortuigings te verkondig nie, al is die onderwerp ook hoe opspraakwekkend. Dit is nie 'n preekstoel of seepkis nie. Wikipedia bly 'n ensiklopedie — hou in gedagte wat Wikipedia nie is nie.
  3. Indien jy iemand anders se werk wil verbeter of eie kennis wil bylas maar jy is onseker omtrent jou opinie, of as jy eenvoudig 'n vraag of opmerking oor 'n onderwerp het, gebruik dan wel die besprekingsblad van daardie onderwerp daarvoor.
  4. Humoristiese opmerkings in 'n artikel kan die projek natuurlik lekkerder maak, maar die bedoeling is dat Wikipedia 'n belangrike bron van inligting word op alle gebiede van die menslike kennis, en daarom probeer ons nie te snaaks wees nie. Ons streef na lewendige en leesbare artikels met so 'n helder moontlike uitleg.

Wikipedia het geen toelatingsbeleid nie; in beginsel kan enigiemand aan die ensiklopedie werk. Sommige vra dalk hulself af wat dit beteken vir die uiteindelike kwaliteit van die Wikipedia. Dink dan oor die nuwe vlak wat bereik kan word deur slegs die verskeidenheid te oorweeg. Omdat daar ook vakkenners na Wikipedia aangetrek word, word die inhoud ook meer en meer uitgebreid. Bowendien bly mense wat niks van 'n onderwerp weet nie in die algemeen vanself weg daarvan, of gaan lees en studeer om meer daaroor te wete te kom. Hoe meer mense deelneem aan hierdie projek, hoe meer verbeter die inhoud. Sowel akademici as elke persoon wat 'n positiewe bydrae wil lewer is van harte welkom. Ons hoop dat jy ook baie plesier sal kry uit die werk hier.

Sien gerus How to edit a page en Policies and guidelines op die Engelse Wikipedia vir meer volledige hulp.

Verdere hulp[wysig]

Meer agtergrond[wysig]

Gebruikers[wysig]

Soek[wysig]