Yantai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Yantai
烟台
'n Uitsig oor die kuslyn van Yuhuangding.
'n Uitsig oor die kuslyn van Yuhuangding.
Ligging van Yantai op 'n kaart (Volksrepubliek van Sjina)
Yantai
Yantai
Ligging in die Volksrepubliek van Sjina
Koördinate: 37°24′00″N 121°16′00″O
Land Vlag van Volksrepubliek van Sjina Volksrepubliek van Sjina
Provinsie Sjandong
Regering
 - Kommunistiese Party van Sjina Sekretariskomitee Sun Yongchun (孙永春)
 - Burgemeester Zhang Jiangting (张江汀)
Oppervlak
 - Stad 13 739,9 km²  (5 305 vk m)
 - Kuslyn 702,4 km² (271,2 vk m)
Bevolking (2008)
 - Stad 6 516 900
Tydsone SST (UTC+08:00)
Poskode 264000-265800
Skakelkode(s) 535
Webwerf: yantai.gov.cn

Yantai (Sjinees: 烟台) is 'n stad in die Sjinese provinsie Sjandong met 'n bevolking van 6 516 900 in 2008. Die stad is in die ooste van Sjina aan die kus van die Golf van Bohai geleë. Yantai grens in die suidweste aan Qingdao en in die ooste aan Weihai. Die stad is die grootste visvang-hawe in Sjandong en 'n kragtige ekonomiese sentrum. Die huidige naam is afgelei van die wagtorings, wat in 1398 op die Berg Qi opgerig is, om die stad teen Japannese seerowers te beskerm (yan-rook, tai-toring).