415

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
415
| 4de eeu | 5de eeu | 6de eeu |

◄ ◄ | | 410 | 411 | 412 | 413 | 414 | ◄ 415 ► | 416 | 417 | 418 | 419 | 420 | | ► ►

Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal
Sien ook: Kategorie:415
Calendar-nl.svg Kalenders
Gregoriaanse kalender 415
CDXV
Ab urbe condita 1168
Sjinese kalender 3111 – 3112

辛寅 – 壬卯

Ethiopiese kalender 407 –408
Hebreeuse kalender 4175 – 4176
Hindoekalenders
- Vikram Samvat 470 – 471
- Shaka Samvat 337 – 338
- Kali Yuga 3516 – 3517


Die jaar 415 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 15de jaar van die 5de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure[wysig | wysig bron]

Klein-Asië [wysig | wysig bron]

Die stad Theodosiopolis (in huidige Turkye), vernoem na keiser Theodosius II, word gestig.

Europa[wysig | wysig bron]

  • Constantius, Romeinse generaal (magister militum), verdryf die Wes- Gote uit Gallië. Tydens die suksesvolle veldtog neem hy die vergryper, Priscus Attalus, gevange en stuur hom onder begeleiding na Ravenna.
  • Die Wes-Gote onder leiding van Athaulf val die Iberiese Skiereiland binne.
  • In 'n geveg van twee jaar het die Gote daarin geslaag om hul Romeinse bondgenote, die Alans en Vandale, uit hul nedersettings in Suid- en Noord-Spanje te verdryf.
  • Wallia (r. 415-418) volg sy broer Athaulf op as koning van die Wes-Gote. Hy sluit n vredesverdrag met keiser Honorius en laat Galla Placidia tydens die onderhandelinge terugkeer na Rome, in ruil vir die vervoer van voedsel.

Asië[wysig | wysig bron]

  • Koning Kumaragupta I (r.415-455) regeer oor die Gupta Ryk (Indië). Die Alchon-Hunne bedreig dié koninkryk en voer n plunderveldtog in Sentraal-Asië.

Godsdiens[wysig | wysig bron]

  • Hypatia 'n Griekse neoplatoniese  filosoof, word in Alexandrië deur 'n christelike menigte op brutale wyse vermoor. Die konflik bring "n smet op die patriarg Cyrillus en die Kerk van Alexandrië.
  • Johannes Cassianus, Christelike teoloog, vestig hom in Marseille en stig twee kloosters. Hy organiseer kloostergemeenskappe van mans en vroue

Gebore[wysig | wysig bron]

  • Eurik, koning van die Wes-Gote en Tonantius Ferreolus, Gallo-Romeinse politikus.

Oorlede[wysig | wysig bron]

  • Athaulf, koning van die Wes-Gote.
  • Hypatia (45), Griekse wiskundige en filosoof.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Sien die kategorie 415 van Wikimedia Commons oor dit onderwerp.

Uit Nederlands wikipedia vertaal