7 Mediese Bataljongroep
7 Mediese Bataljongroep is die spesialis Lugmediese Eenheid van die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens. Die Bataljon se hooftaak is om mediese ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Lugmag en Spesiale Magte te verleen. Die eenheid val onder die bevel van die Mobiele Militêre Gesondheidsformasie.
Ander spesialiteite van die bataljon sluit in gevegsoektog en -redding, CBRNE-opsporing, verifikasie en ontsmetting, duik- en lugvaartmedisyne en talle ander vaardighede wat verband hou met die ondersteuning van spesiale magte.[1]
Min is in die openbaar bekend oor hierdie elite-mediese eenheid, hoofsaaklik as gevolg van sy verbintenis met die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte. Die eenheid se stigterkommandant Wouter Basson het die navorsing oor die SAW se program vir chemiese en biologiese oorlogvoering gelei.[2]
Ander take van die bataljon sluit in, maar is nie beperk nie tot, mediese ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens Spesiale Taakmag en ander elite-eenhede, die Suid-Afrikaanse Lugmag Gevegsoek-en-reddingseenhede en die Presidensiële Beskermingsdienste (veral in die konteks van Gesamentlike VVIP-beskermingsbedrywighede).
Die eenheid is op 'n algemene ses-uur bystand en is gereed om onmiddelik nasionaal en internasionaal te ontplooi. Dit handhaaf ook 'n beperkte chemiese, biologiese, radiologiese en kernverdedigingsvermoë.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "7 Medical Battalion Group – a unique unit" (PDF). The South African Soldier. 3. Departement van Verdediging. 15: 38–39. 2008. ISSN 1609-5014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 Junie 2015. Besoek op 21 Junie 2011.
- ↑ "The South African Chemical and Biological Warfare Programme". Centre for Conflict Resolution. 13 November 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2011. Besoek op 21 Junie 2011.