Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf ATKV)
Spring na: navigasie, soek
ATKV
The logo of the ATKV (South Africa).svg
Tipe Nie-regeringsorganisasie
Gestig 1930, Kaapstad, Suid-Afrika
Hoofkantoor Rustenburg,Suid-Afrika
Webwerf http://www.atkv.org.za/

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) is 'n vereniging wat daarna streef om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder. Die ATKV is in 1930 in Kaapstad gestig. Die ATKV het ongeveer 70 000 hooflede en bedryf ongeveer 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek.[1]

Werksaamhede[wysig]

Die ATKV is onder andere betrokke by die volgende werksaamhede:

Publikasies[wysig]

Die ATKV publiseer die tydskrif Die Taalgenoot. Die tydskrif het in 1931 tot stand gekom en word kwartaalliks aan lede gestuur. Hulle publiseer ook maandeliks die tydskrif Hoezit! vir kinders tussen die ouderdomme van 8 en 14.

Vakansieoorde[wysig]

Die ATKV bedryf 'n aantal vakansieoorde. Onder andere: Hartenbos (naby Mosselbaai), Natalia (naby Amanzimtoti), Klein-Kariba (naby Warmbad), Buffelspoort (naby Rustenburg), Goudini (naby Worcester) en Drakensville (naby Bergville/Harrismith). Akkommodasie by die oorde word teen afslagtariewe aan lede beskikbaar gestel.

Sien ook[wysig]

  • Crescendo, jaarlikse sangkompetisie.
  • ATKV-Prosaprys, letterkunde prys wat jaarliks aan 'n Afrikaanse skrywer toegeken word.

Verwysings[wysig]

  1. Die ATKV se webtuiste, besoek op 21 Junie 2013

Eksterne skakels[wysig]