AVN

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Adult Video News
Redakteur
Kategorieë Vaktydskrif
Frekwensie Maandeliks
Uitgewer Theo Sapoutzis[1]
Totale Oplaag 40 000 (2006)[2]
Jaar gestig 1983
Eerste uitgawe 1983
Land VSA
Taal Engels
Webwerf www.avn.com
ISSN 0883-7090

Adult Video News (ook bekend as AVN) is ’n Amerikaanse vaktydskrif vir die volwassevideobedryf. Volgens The New York Times is AVN vir pornografiese rolprente wat Billboard vir musiekalbums is. AVN borg die jaarlikse Adult Entertainment Expo, of AEE, in Las Vegas, Nevada, asook ’n prysseremonie vir die volwassebedryf, die AVN-pryse, wat op die Oscar geskoei is.[3][4]

AVN gradeer pornoflieks en berig oor nuus in die bedryf. Tot 500 fliekresensies kan in een uitgawe voorkom.[5][6] Sowat 80% van die tydskrif bestaan uit advertensies en is gemik op handelaars in volwassevideo's.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Paul Fishbein, Irv Slifkin en Barry Rosenblatt het AVN in 1983 in Philadelphia, Pennsilvanië, gestig. Slifkin is in 1984 weg; hy het belangstelling verloor in die resensering van pornoflieks ná die skuif van rolprente na video's. Rosenblatt en Fishbein het in 1987 ’n uitval gehad en eindelik het Fishbein die tydskrif na die San Fernando-vallei in Kalifornië geskuif van waar dit nog steeds bedryf word.[7] Hy het die maatskappy in 2010 verkoop.[1]

AVN word wyd aangehaal oor verskeie sterre in die pornobedryf en die bedryf se inkomste.[8][9][10] AVN raam die verkoop en uithuur van pornovideo's het in 2000[8] en 2002[9] sowat $4 miljard ingebring. Forbes het dit egter oordrewe genoem en ’n ander bron raam dit op sowat $1,8 miljard.[8]

AVN-pryse[wysig | wysig bron]

AVN hou elke jaar ’n prystoekenningsaand wat op die Oscars geskoei is.[11][12][13] Daar is meer as 100 kategorieë en meer as 3 500 mense woon dit gewoonlik by.[14] David Foster Wallace het skepties opgemerk AVN het in 1997 meer as 4 000 nuwe uitreikings in elke kategorie geresenseer, teenoor die 375 flieks wat vir die Oscars gekyk moes word.[2] Dié getal het in 2008 vermeerder tot 8 000, en Paul Fishbein het opgemerk dit is "’n lang, verskriklike proses".[15] Volgens The New York Times is "die presiese kriteria vir die wen van ’n AVN nie, wel, eksplisiet nie".[16] Pryse gaan dikwels na gereelde adverteerders in die tydskrif.[17]

Die seksskrywer Violet Blue het gesê dieselfde maatskappye en name wen jaar ná jaar . . . "Om aan die 'porno-Oscars' te dink as ’n ware verteenwoordiging van porno se heel bestes, is soos om seks te hê met ’n Jenna Jameson-pop en vir jou vriende te vertel jy het met die pornoster bed toe gegaan."[18]

GayVN-pryse[wysig | wysig bron]

AVN het ook elke jaar die GayVN-pryse geborg vir die gay pornobedryf nadat dit van 1988 tor 1998 deel was van die AVN-pryse. Dié pryse is egter in 2010 laas toegeken.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Nick Wingfield (2012-01-09). "Silicon and Silicone Split, as C.E.S. and Adult Entertainment Expo Part Ways". The New York Times. Besoek op 10 Januarie 2012. 
  2. 2,0 2,1 David Foster Wallace (2006-03-12). “First Chapter - 'Consider the Lobster'”. New York Times. URL besoek op 2008-01-02.
  3. Timothy Egan (2000-10-23). “Wall Street Meets Pornography”. New York Times. URL besoek op 2014-08-06.
  4. Steve Kroft (2004-09-05). “Porn In The U.S.A.”. 60 Minutes. URL besoek op 2008-01-02.
  5. Frank Rich (2003-07-27). “Finally, Porn Does Prime Time”. New York Times. URL besoek op 2014-08-09.
  6. DPA, Los Angeles (2003-07-17). “Porn loses seedy image, becomes mainstream in US”. Taipei Times. URL besoek op 2008-01-02.
  7. Anthony Layser (2008-01-09). “Porn Supremecy”. Philadelphia Weekly. URL besoek op 2008-01-18.
  8. 8,0 8,1 8,2 Dan Ackman (2001-05-25). “How Big Is Porn?”. Forbes. URL besoek op 2008-01-02.
  9. 9,0 9,1 Bill Keveney (2003-10-16). “Hollywood gets in bed with porn”. USA Today. URL besoek op 2008-01-02.
  10. Jonathan Silverstein (2006-01-19). “Is Porn a Growing or Shrinking Business?”. ABC News. URL besoek op 2008-01-02.
  11. The Oscars of porn”. Sydney Morning Herald: 2006-01-09. URL besoek op 2007-07-25.
  12. Brent Hopkins (2007-06-03). “Porn: The Valley's secret industry”. Los Angeles Daily News. URL besoek op 2007-07-25.
  13. David Schmader (2000-03-09). “Porn's Big Night”. The Stranger. URL besoek op 2007-07-25.
  14. Stuart McGurk (2006-03-04). “And the winner is ...”. The Guardian. URL besoek op 2008-01-04.
  15. Adam Tanner (2008-01-14). “Porn industry seeks recognition with annual awards”. Reuters. URL besoek op 2008-01-15.
  16. Matt Richtel (2006-01-10). "A Night to See the Stars Actually Wearing Clothes". The New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2011. Besoek op 2008-01-05. 
  17. The teenager & the porn star: will 18-year-old Sasha Grey become the adult film industry's next Jenna Jameson? Los Angeles Magazine
  18. Violet Blue (2007-01-18). “The Rise of Indie Porn?”. SF Gate. URL besoek op 2008-01-04.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]