Gaan na inhoud

Jenna Jameson

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jenna Jameson
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Jenna Jameson op 12 Januarie 2007.

Geboortenaam Jenna Marie Massoli
Alias Jennasis
Daisy Holiday
Daisy Maze
Geboorte 9 April 1974 (1974-04-09) (50 jaar oud)
Las Vegas, Nevada, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Lewensmaat Brad Armstrong (1996-2001)
Jay Grdina (2003-2006)
Tito Ortiz (2006-2013)
Lior Bitton (2015-)
Kinders 3
Beroep(e) Pornoster, entrepreneur, webkameramodel
Rolprente Wicked One, Satyr, Briana Loves Jenna, The Masseuse, The New Devil in Miss Jones
Webwerf jennajameson.com
Toekennings Beste aktrise: AVN-prys (1995), NightMoves-prys (1996), Adam- en AVN-prys (2005)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Jenna Jameson (gebore Jenna Marie Massoli; 9 April 1974)[1][2] is ’n Amerikaanse entrepreneur, webkameramodel en voormalige pornografiese aktrise.[3] Sy is al die wêreld se beroemdste aktrise van volwassevermaak[4][5][6] en "die Koningin van Porno" genoem.[7]

Jameson het haar bekeer tot die Ortodokse Judaïsme.[8]

Loopbaan

[wysig | wysig bron]
Jameson op die XBIZ-prysuitdeling op 24 Januarie 2014.

Sy het in 1993 in erotiese video's begin speel nadat sy as ’n ontkleedanseres en glansmodel gewerk het. Teen 1996 het sy die prys as beste nuweling van drie groot pornoprent-organisasies gewen. Sy het sedertdien meer as 35 pryse gewen en is opgeneem in die XRCO (X-Rated Critics Organization) en die tyskrif AVN (Adult Video News) se heldesale.[9][10]

Jameson het in 2000 die maatskappy ClubJenna vir volwassevermaak gestig saam met Jay Grdina, met wie sy later getroud is. Hulle is intussen geskei. Sy het aanvanklik ’n enkele webblad gehad, maar dit later uitgebrei tot ’n hele webtuiste waarop sy soortgelyke webblaaie van ander sterre bestuur het. In 2001 het sy seksueel eksplisiete video's begin vervaardig. Die eerste, Briana Loves Jenna (met Briana Banks), het op die AVN-prystoekennings van 2003 weggestap met die titel as beste verkoper van 2002 se pornografiese titels.[11] Teen 2005 het haar winste miljoene Amerikaanse dollars beloop.[4]

Jameson het ook die hoofstroom-vermaakbedryf betree en ’n klein rol in Howard Stern se 1997-rolprent Private Parts vertolk.[6] Daarna het sy in verskeie televisieprogramme opgetree of dit help aanbied. Playboy TV het haar werklikheidsprogram Jenna's American Sex Star aangebied waarin voornemende pornosterre meegeding het om ’n ClubJenna-kontrak.[12] Haar outobiografie van 2004, How to Make Love Like a Porn Star: A Cautionary Tale, was ses weke lank op The New York Times se topverkoperlys.[4]

Jameson het op die AVN-toekenningsaand van 2008 aangekondig sy tree uit die pornografiebedryf en sal nooit weer terugkeer nie.[13] Hoewel sy nie weer in ’n pornofliek verskyn het nie, werk sy sedert 2013 as ’n webkameramodel.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. McKay, Hollie (7 November 2008). "Pop Tarts: Jenna Jameson Wants to Make Porn Name Official". Fox News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2008. Besoek op 21 Maart 2014.
  2. Aussenard, Jean-Paul. "How a Young Adult Star Turned Porn into Profit and Prominence". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2005. Besoek op 21 Maart 2014.
  3. 3,0 3,1 Chris Morris (15 Januarie 2014). "The return of Jenna Jameson" (in Engels). CNBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2014. Besoek op 3 April 2014.
  4. 4,0 4,1 4,2 Miller, Matthew (4 Julie 2005). "The (Porn) Player". Forbes. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2016. Besoek op 21 Maart 2014.
  5. Grigoriadis, Vanessa (11 Augustus 2004). "Jenna Jameson's Forbidden Desires". Rolling Stone. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2006. Besoek op 21 Maart 2014.
  6. 6,0 6,1 Ackman, Dan (27 Augustus 2004). "A Star Is Porn". The Wall Street Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2014. Besoek op 21 Maart 2014.
  7. "Jenna Jameson: 'I chose the right profession': Interview with Anderson Cooper". CNN. 28 Augustus 2004. Besoek op 21 Maart 2014.
  8. Reality Series to Document Porn Star Jenna Jameson’s Conversion to Judaism (Report), Variety, 29 Oktober 2015
  9. "Hall of Fame". X-Rated Critics Organization. Besoek op 20 Maart 2014.
  10. "Hall of Fame". AVN. AVN Media Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2005. Besoek op 21 Maart 2014.
  11. Benfer, Amy (3 Augustus 2003). "Born 4 Porn: Jenna Jameson". Papermag. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2005. Besoek op 21 Maart 2014.
  12. "Jenna Jameson Videos". Gamelink. Besoek op 21 Maart 2014.
  13. Eby, Margaret (11 November 2013). "Jenna Jameson says she's reviving her porn career to support her children". New York Daily News. Besoek op 19 Maart 2014.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]