Abell 2218

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Abell 2218
Abell NGC2218 hst big.jpg
Abell 2218 (Bron: Nasa/ESA)
Soort Sterrestelselswerm
Sterrebeeld Draak
Tipe II (Bautz-Morgan-klassifikasie)
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 16h 35m 54s[1]
Deklinasie +66° 13′ 00″[1]
Afstand (ligjaar) 2,345 miljard[1]
Rooiverskuiwing 0,1756[1]
Aantal stelsels 10 000
Ander name
N.V.T.
Portaal Portaalicoon Sterrekunde

Abell 2218 is ’n swerm sterrestelsels meer as 2 miljard ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Draak.

Dit dien as ’n kragtige gravitasielens: Dit vergroot en verwring alle sterrestelsels agter die kern van die swerm in lang boë. Dié stelsels lê almal uitgestrek om die kern van die swerm en van sommige is meer as een beeld te sien – laasgenoemde is gewoonlik sigbaar as ’n dubbele stelsel met ’n derde, dowwer een daarnaby.

Gravitasielens[wysig | wysig bron]

Abell 2218 is as ’n gravitasielens gebruik om een van die verste voorwerpe in die heelal te ontdek. Dié sterrestelsel is sowat 13 miljard jaar oud en word van die Aarde af gesien soos dit omtrent 750 miljoen jaar ná die Groot Knal gelyk het.[2]

Die afstand en soort sterrestelsel kan aan die kleur uitgeken word. Die oranje boog op die foto is ’n elliptiese sterrestelsel met ’n rooiverskuiwing van z=0,7. Die blou boë is stervormende stelsels met ’n rooiverskuiwing van z=1-2,5.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: Sky map 16h 35m 54s, +66° 13′ 00″