Abzu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Cuneform UZ.svg
Hierdie bladsy bevat wigskrif. Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien. Jy kan die regte lettertipe hier kry.

Die abzu of engur (wigskrif: 𒍪 𒀊, ZU.AB; Sumeries: abzu; Akkadies: B015vellst.pngB223ellst.png, apsû) was in die Mesopotamiese mitologie die naam van die oersee onder die onderwêreld en die aarde. Dit kon ook verwys het na die ondergrondse varswater; daar is geglo mere, fonteine, riviere en ander varswaterbronne kry hul water van die abzu.

As ’n god[wysig | wysig bron]

Abzu word net in die Babiloniese skeppingsverhaal, die Enuma Elisj, as ’n god uitgebeeld. In dié mite is hy ’n oerwese wat uit varswater bestaan en die minnaar van Tiamat, ’n wese van soutwater. Die Enuma Elisj begin:

"Toe die hemel bo en die aarde onder nog nie bestaan het nie, was daar Abzu die varswateroseaan, die eerste, en Tiamat, die soutwatersee, sy wat die lewe aan hulle almal geskenk het; hulle het nog hul waters gemeng en geen weivelde was gevorm nie, ook geen rietvleie nie..."

Dié verhouding lei tot die geboorte van die jonger gode wat Abzu later vermoor om sy mag oor te neem. Woedend val Tiamat hulle aan nadat sy die eerste drake geskep en "hul liggaam met gif pleks van bloed" gevul het. Sy word doodgemaak deur Marduk, die stormgod, wat toe die hemel en aarde uit haar liggaam skep.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Mesopotamiese mitologie
Chaos Monster and Sun God.png
Oergode  Abzu en TiamatLahmu en LahamuAnsjar en KisjarMummu
Sewe gode wat verorden  Vier hoofgode: AnuEnlilEnkiNinhursagDrie luggode: Isjtar/InannaNanna/SinUtu/Sjamasj
Ander gode  AdadAssurBelBaalsaminDumuzid/TammuzEnkimduEresjkigalGesjtinannaKinguLaharMardukNergalNinlilNinurta
Halfgode en helde  AdapaEnkiduEnmerkarGilgamesjLugalbandaSjamhatSiduriAtra-Hasis
Geeste en monsters  AnzuAsagAsakkuEdimmuHanbiHumbabaKurLamasjtuLamassu/SjeduPazuzuRabisuSirisUtukku