Adam Opel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Vir die motor, sien Opel Adam
Adam Opel
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Adam Opel in 1891

Gebore (1837-05-09)9 Mei 1837
Rüsselsheim, Duitse Bond
Oorlede 8 September 1895 (op 58)
Rüsselsheim, Duitse Keiserryk
Nasionaliteit Duits
Ouers Philipp Wilhelm Opel (vader)
Beroep entrepreneur en ingenieur
Bekend vir stigter van die Opel-maatskappy
Huweliksmaat Sophia
Kind(ers) Carl, Wilhelm, Heinrich, Friedrich en Ludwig

Adam Opel (9 Mei 18378 September 1895) was die stigter van die Duitse motormaatskappy Adam Opel AG.

Adam Opel is op 9 Mei 1837 gebore as die seun van Philipp Wilhelm Opel, 'n slotmaker, en sy vrou, in Rüsselsheim. Adam studeer by sy pa tot die ouderdom van 20, waarna hy sy reispas ontvang. Die pas het hom in staat gestel om 'n leerlingslotmaker te word in België, in Luik, Brussel, en daarna in Parys, waar hy teen die middel van 1858 aangekom het.

Terwyl hy hom in Parys bevind, ontwikkel hy 'n belangstelling in innovasie — die naaimasjien. In 1859 begin hy te werk by 'n vervaardiger van naaimasjiene, om dit van nader te kan bekyk. Adam se jonger broer, George, het ook na Parys gereis om hierdie nuwe tegnologie na te speur. In 1862 keer Adam terug na Rüsselsheim.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]