Albertynshof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Albertynshof
Ligging van Albertynshof op 'n kaart (Noord-Kaap)
Albertynshof
Albertynshof
 Albertynshof se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 28°44′42″S 24°45′20″O / 28.74500°S 24.75556°O / -28.74500; 24.75556Koördinate: 28°44′42″S 24°45′20″O / 28.74500°S 24.75556°O / -28.74500; 24.75556
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distrik Frances Baard
Munisipaliteit Sol Plaatje
Hoofplek Kimberley
Oppervlak[1]
 - Voorstad 0,47 km²  (0,2 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Voorstad 505
 - Digtheid 1 074/km² (2 781,6/myl2)
Rasverdeling (2011)[1]
 • Blank 59,6%
 • Indiër/Asiër 2,2%
 • Kleurling 22,2%
 • Swart 14,9%
 • Ander 1,0%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 72,1%
 • Engels 18,4%
 • Xhosa 3,6%
 • Tswana 3,4%
 • Zoeloe 1,4%

Albertynshof is 'n klein, sentrale voorstad van Kimberley, Noord-Kaap, suid van die Groot Gat, noord van New Park en noordoos van Kestellhof. Die dorpsgebied is gestig toe die destydse woonbuurt Newton (sedert 1945 bekend as New Park) se krotwonings "opgeruim" is en genoem na ds. Johannes Rudolph Albertyn (1878–1967), 'n predikant van onder meer die NG gemeente Kimberley, van 1936 tot 1949 algemene armesorgsekretaris van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk in Transvaal en van 1949 tot 1956 sekretaris van die Federale Armesorgraad, wat hy in 1933 gestig het.

Vir sensusdoeleindes beslaan Albertynshof 0,47 km². In 2011 was hier 505 inwoners, van wie amper 60 persent wit was, net meer as 22 persent bruin en amper 15 persent swart. In daardie jaar was 72 persent van die inwoners se huistaal Afrikaans en amper 18,5 persent Engels.[2]

Bron[wysig | wysig bron]

  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Albertynshof". Sensus 2011. 
  2. (en) Adrianforth.com. URL besoek op 28 Februarie 2015.